|
SKOOLURE:

|
Maandag -
Donderdag |
Graad 1 en 2: |
07:30 - 12:30 |
Graad 3 |
07:30 - 13:00 |
Graad 4 tot 7 |
07:30 - 13:30 |
Let wel: Gedurende
skriftelike assessering in Junie en November begin die skool om 7:30 en sluit
om 12:00 . Die skooldae wat volg na afloop van die skriftelike
assessering word vir baie belangrike opvolgwerk, sowel as nuwe werk,
gebruik, en ouers word versoek om nie hul kinders in daardie tyd uit die
skool te neem nie.
TARIEWE
Aangesien Fichardtpark Primêr 'n staatsondersteunde skool
is, is SKOOLGELD verpligtend. Skoolgeld word van jaar tot
jaar hersien om die skool op gesonde bestuursbeginsels te kan bedryf.
Skoolgelde is verpligtend,
tensy u algehele of gedeeltelike vrystelling kry.
SKOOLGELD 2012
Op ‘n begrotingsvergadering wat met
die ouers gehou is op 31 Oktober 2011, is daar besluit dat skoolgeld vir
2012 soos in die verlede oor ELF maande betaalbaar is.
SKOOLGELDE VIR 2012
Skoolgeld
- R530,00 per maand - R5830,00 per jaar
Graad R skoolgeld - R650,00 per maand -
R7150,00 per jaar
Welpies skoolgeld - R650,00 per maand -
R7150,00 per jaar
DIE EERSTE PAAIEMENT IS BETAALBAAR
WANNEER DIE SKOOL IN JANUARIE HEROPEN.
DIT MOET PER INTERNET OORBETAAL
WORD OF ‘N DIREKTE DEPOSITO MOET IN DIE BANK GEMAAK WORD.
ONS VERSOEK OUERS OM ASSEBLIEF
NIE BETALINGS BY DIE KANTOOR TE KOM DOEN NIE, ONS WIL DIE HOEVEELHEID
KONTANT BY DIE SKOOL BEPERK IN DIE BELANG VAN DIE VEILIGHEID VAN ONS
KINDERS.
VOORUITBETALINGS
Indien u die hele bedrag
vooruitbetaal voor of op 28 Februarie 2012, sal u ‘n afslag van 5% kry.
Skoolgeld (eenmalig) -
R5538,00 (afgerond)
Graad R (eenmalig) - R6792,00 (afgerond)
Welpies (eenmalig) - R6792,00 (afgerond)
BANKBESONDERHEDE VIR
INTERNETBETALINGS OF DIREKTE DEPOSITOS
ABSA
- Fichardtpark Primêre skool
Rek Nr - 1570 320 900
Takkode - 632005
Verw - Skakel Mev. Blom by tel.
051-5228166 vir u verwysing.
DEBIETORDERS:
Ons moedig asseblief ouers aan om
debietorders te teken.
INDIEN U ‘N DEBIETORDER HET MOET
DIE EERSTE MAAND SE BETALING OOK PER INTERNET OF DIREKTE DEPOSITO GEMAAK
WORD AANGESIEN DIE DEBIETORDERS NET VIR 10 MAANDE EN NIE 11 MAANDE IS NIE.
OUERS WAT HUIDIGE DEBIETORDERS
HET SE DEBIETORDERS SAL AANGEPAS WORD SODAT SLEGS DIE SKOOLGELD KAN
DEURGAAN AANGESIEN STUDIEGELDE VOORTAAN IN DIE FICHIE KLUB 300 TRUST SE
REKENING INBETAAL MOET WORD.
Debietorders word afgetrek vanaf
Februarie tot en met November op die 1ste of op die 15de van die maand.
Ouers wat wil aansoek doen om
vrystelling, moet asseblief voor 28 Februarie 2012 vrystellingsvorms by
mev. Blom voltooi wat die aansoeke hanteer.
STUDIEGELD
2012
Die Studiesentrum en Middagsorg
word vanaf Januarie 2012 deur die FICHIE KLUB 300 TRUST oorgeneem.
Alle leerders wat dus tot die
Studiesentrum toegelaat wil word, moet weer herregistreer vir 2012.
Rekeninge vir 2011 moet op
datum wees voordat aansoeke vir 2012 oorweeg sal word.
Vorms sal aan alle bestaande
studiesentrumleerders uitgedeel word en moet asseblief nie later as 14
November terugbesorg word by hulle studiesentrumonderwyseres nie. Sy sal
toesien dat al die vorms by die kantoor ingehandig word.
Vorms vir Middagsorg sal die
eerste dag van volgende jaar uitgedeel word aan die Graad R afdeling en
die Welpies.
Studie- en middagsorggelde is oor
ELF maande betaalbaar.
STUDIEGELDE/MIDDAGSORGGELDE
VIR 2012
Studiegeld
- R320,00 per maand - R3520,00 per jaar
Graad R middagsorg - R320,00 per maand
- R3520,00 per jaar
Welpies middagsorg - R320,00 per maand
- R3520,00 per jaar
DIE EERSTE PAAIEMENT IS
BETAALBAAR WANNEER DIE SKOOL IN JANUARIE HEROPEN. HIERDIE GELD MOET IN DIE
TRUST SE REKENING INBETAAL WORD.
DIE REKENINGNOMMER SAL IN DIE
WEEKBRIEF AAN U DEURGEGEE WORD.
ONS BEVEEL AAN DAT OUERS ASSEBLIEF
DIE DEBIETORDERS MOET TEKEN WAT SAAM MET DIE STUDIEVORMS UITGEGEE GAAN
WORD AANGESIEN DIT DIE ADMINISTRASIE VAN DIE STUDIEGELDE BAIE SAL
VERGEMAKLIK.
INDIEN U ‘N DEBIETORDER HET MOET
DIE EERSTE MAAND SE BETALING OOK PER INTERNET OF DIREKTE DEPOSITO GEMAAK
WORD AANGESIEN DIE DEBIETORDERS NET VIR 10 MAANDE EN NIE 11 MAANDE IS NIE.
DEBIETORDERS KAN NIE SAAM MET
SKOOLGELD AFGAAN NIE AANGESIEN DIT IN DIE TRUST SE REKENING GEDEPONEER
MOET WORD, DAAROM MOET U ASB ‘N NUWE DEBIETORDER VIR DIE STUDIEGELD TEKEN.
Debietorders word slegs afgetrek
op die 1ste dag of die 15de dag van die maand. Debietorders word afgetrek
vanaf Februarie tot en met November.
GRONDSLAGFASE
Die werk in graad 1 neem 'n aanvang met 'n
skoolgereedheidsprogram wat ongeveer 6 tot 8 weke duur. Aan die
einde van die eerste kwartaal kry die beginners 'n verslag.
SKRYFBEHOEFTES
Penne, potlode, liniale en ander SKRYFBEHOEFTES is nie by die skoolgelde
ingesluit nie. Ouers moet dit dus self aankoop.
MUSIEKGELD
Musiekgeld is betaalbaar binne twee weke na aanvang van die kwartaal.
VERSLAE
Elke leerder ontvang 'n verslag (rapport) aan die einde van die kwartaal.
Ouers moet toesien dat die skeurstrokie onderaan die weekbrief geteken
word en saam met die leerder na die klasopvoeder teruggestuur word.
ASSESSERING
Gedurende skriftelike assessering begin die skool steeds om 07:30 en sluit
om 12:00 vir al die grade in die skool. Die skooldae wat volg na
afloop van die skriftelike assessering word vir baie belangrike opvolgwerk,
sowel as nuwe werk, gebruik, en ouers word versoek om nie hul kinders in
daardie tyd uit die skool te neem nie.
HUISWERK
Dit is die verantwoordelikheid van elke ouer om toe te sien dat die
leerder se werk stiptelik gedoen word.
VOERTUIE OP SKOOLGRONDE
Geen leerder mag gedurende skoolure op- of afgelaai word op die
skoolgronde nie.
FICHIE-WINKEL
Die Fichie-Winkel voorsien die ouers van skoolklere, sportklere en
sweetpakke. Mev. Tania Lötter is in beheer van die winkel en u
kan haar kontak as u enige navrae het by 0836020402. Die winkeltye
is as volg: Maandae tot Vrydae 07:00 - 14:00.
GEDRAGSKODE VIR OUERS EN ONDERSTEUNERS
Algemene beleid
Die deelname aan skoolsport is primêr opvoedkundig van aard.
Doel van skoolsport
Om deelname aan te moedig en om leerders toe te rus met sportmanskap,
selfdissipline, selfbeheersing en deursettingsvermoë.
Vereenselwig met Fichies
-
Ouers en toeskouers moet hulself as verteenwoordigers
van die skool sien wanneer hul wedstryde bywoon of hul kinders ondersteun.
-
U word aangemoedig om die span waarin u kind speel te
ondersteun asook soveel as moontlik van die ander skoolspanne.
Gedrag tydens wedstryde
-
Positiewe ondersteuning word op prys gestel.
-
Ouers en ondersteuners word versoek om hulle te
weerhou van negatiewe opmerkings of ongehoorde taalgebruik teenoor
skeidsregters, ander beamptes, spelers of ondersteuners van die opposisie.
-
Ouers en ondersteuners word versoek om die nodige
afstand vanaf die kantlyne te handhaaf en nie binne die speelveld of
afgemerkte areas te gaan nie. Tydens krieketwedstryde moet
toeskouers nie agter die bouler se rug sit of beweeg nie. Tydens
hokkiewedstryde moet toeskouers nie op die doelhok sit of agter die
doellyn beweeg nie.
-
Ouers en ondersteuners word versoek om nie binne die
tegniese area te kom waar dit wel van toepassing is.
-
Ouers en ondersteuners word versoek om hulle te hou
by die reëls wat vir elke wedstryd of toernooi van toepassing is.
-
Ouers en ondersteuners moet die nodige
verdraagsaamheid en respek betoon teenoor medetoeskouers en opposisie.
-
Ouers en ondersteuners moet so optree dat hulle altyd
die skool se beeld na buite sal uitdra en niks doen wat dit kan skade
aandoen nie.
Beserings
Ouers en toeskouers word versoek om nie op die veld te gaan wanneer 'n
speler 'n besering opdoen nie. Indien die afrigter / bestuurder of
noodhulppersoneel dit nodig ag, sal die betrokke ouers nader geroep word.
Spankeuse
U word versoek om nie in te meng met die afrigter se spankeuse nie.
Wenke wat met die regte gesindheid bedoel word, kan wel aan afrigters op
die regte tydstip oorgedra word.
Kommunikasiekanale
Ouers en ondersteuners kan enige navrae of probleme opneem met die
sporthoof/ skoolhoof. Probleme kan ook met die betrokke persoon
bespreek word, maar nie langs die veld nie. Ernstige klagtes kan ook
met die beheerliggaam (sport) opgeneem word.
Ons versoek dat by die gedragskode gehou moet word
sodat spelers en toeskouers hul sport kan geniet.
GEDRAGSKODE VIR LEERDERS
Die doel van hierdie dokument is om vir elkeen sy
regte en verantwoordelikheid met betrekking tot sportdeelname in die skool
uit te lig.
Elkeen word verbind tot:
-
Integriteit
-
Die ontwikkeling van die sport waarvan jy deel is
-
Sportmanskap en positiewe gesindheid
-
Verantwoordelikheid teenoor jou spanlede, ouers,
afrigters en borge.
Regte en verantwoordelikhede
1. Elkeen het die reg om sport te geniet in 'n veilige en
behoorlik gestruktureerde omgewing:
-
Daar moet te alle tye by die voorgeskrewe
ouderdomsgroepe gehou word om spelers teen beserings en invloed van ouer
leerders te beskerm.
-
Die hoogste vorm van sportmanskap moet te alle tye
gehandhaaf word.
-
Die korrekte kleredrag en toerusting moet aangemoedig
word.
-
Spelers moet hul eie besittings en die skool se
toerusting met die nodige respek behandel en in stand hou (oppas).
-
Spelers moet verantwoordelikheid vir hul optrede
aanvaar en hulle hou by die reëls vir elke sportsoort.
2. Elkeen het die reg om beleefd en met respek
behandel te word en die verantwoordelikheid om dit waardig
te wees.
-
Spelers moet hulle verbind tot hoflikheid en
verantwoordelikheid wat die waardes en standaarde van Fichies sal uitdra.
-
Onberispelike gedrag en taalgebruik word te alle tye
verwag.
-
Geen mede-speler, beampte, opposisie of toeskouer mag
beledig word nie.
-
Elkeen moet verdraagsaamheid en respek betoon teenoor
lede van die teenoorgestelde geslag of ander taal- en kultuurgroepe.
-
Elkeen moet sorg dat hy / sy die nodige kennis opdoen
van die reëls en die vertolking daarvan.
-
Lewenswaardes soos probleemoplossing, durf, waagmoed,
respek, trots en nederigheid moet aangekweek word.
3. Reëls en dissipline met betrekking tot
wedstryde waaraan Fichies deelneem of dit aanbied:
-
Spelers is onderhewig aan die neergelegde reëls van
die skool van die oomblik wat hulle hul huise verlaat totdat hulle
daarheen terugkeer.
-
Dit word van spelers verwag om altyd 'n goeie
voorbeeld te stel.
-
Spelers moet onthou dat hulle deurgaans beelddraes
van Fichies is.
-
Spelers moet altyd die korrekte neergelegde sportdrag
tydens byeenkomste aanhê waar dit vereis word.
-
Spelers sal verantwoordelik gehou word vir
herstelkoste van skade aan items wat deur kwaadwillige beskadiging of
nalatigheid van spelers tot gevolg het.
-
Spelers moet altyd die spel na die beste van hul
vermoë met die nodige sportmanskap beoefen.
-
Spelers moet altyd die beslissing van skeidsregters
aanvaar met die nodige respek.
-
Spelers moet altyd goeie beelddraes van Fichies wees
deur hul optrede en voorkoms.
|