DIE GESKIEDENIS VAN ONS SKOOL

Die skool is op 18 Januarie 1977 geopen met 171 leerlinge en het begin met graad 1 tot graad 3.  Mevrou Retha Wolvaardt was aangewys as die eerste waarnemende skoolhoof, saam met 6 ander personeellede.  Hulle was as volg:

Personeellede: 

Olivia Nel en Elmine de Wet

Graad 1

 

Mart-Susan Viljoen en Lenette de Wet (tans nog in diens)

Graad 2

 

Cecilia Nel en Bossie Breedt

Graad 3

Die skoolgebou was nog in aanbou toe hulle die eerste dag geopen het.

Die eerste faktotum was mnr. M. Marx en prof. (toe nog dr.) Johan (J.H.) Hugo was die eerste voorsitter van die skoolraad (tans die Beheerliggaam).

Op 11 Februarie 1977 is die eerste atletiekbyeenkoms gehou op 'n grondbaan.  Die atletiekoefeninge en tennis is in die middae na skool by Bobbiespark aangebied.  Die kinders en afrigters het in 'n massa af beweeg en weer teruggestap.  Die juffrouens, m.b.v. die pa's, het rugby, netbal, krieket en atletiek afgerig.  Op 29 April 1977 is die eerste basaar gehou en lewer 'n wins van R1300,00 op.  Die Voortrekker-Kommando en 'n Ouer-Onderwyservereniging is ook in hierdie tyd gestig.  Volwaardige oueraande, 'n konsert en 'n prysuitdeling is gehou.

Die skool is op Oktober 1979 amtelik deur mnr. J.A. Meiring, Direkteur van Onderwys, geopen.

SKOOLDRAG


Gedurende die eerste stigingsjaar, het die leerders met gewone klere skoolgegaan.  Eers vanaf die 2de skooljaar is die nuwe skooldrag aangeskaf.  Aanvanklik was die skool se kleure olyfgroen, goud en bruin.  Dit het in 1991 verander na die blou skooldrag, aangesien die verskaffers gesukkel het om die ou skooldrag te voorsien.  

SKOOLHOOFDE

Skoolhoof

Tydperk

Hoogtepunte

Mev. M. Wolvaardt

1977

Eerste personeel, eerste atletiekbyeenkoms en eerste kermis.

Mnr. M.D Maree

1978 - 1986

Totstandkoming van die sportfasiliteite en die aankoop van busse.

Mnr. W. Spies

1987 - 1999

Totstandkoming van die studiesentrum en die Graad R-skool.

Mnr. J.M. du Preez

 2000 - tans

Omheining van die skool, oprigting van die paviljoen, klubhuis en sportablusiegeriewe, asook die totstandkoming van die rekenaarsentrum en multi-mediasentrum.

SKOOL SE NAAM

Die skool het sy naam te dankie aan die woonbuurt, Fichardtpark, waar dit ook geleë is.  Die naam Fichardt is weer afkomstig van die bekende Fichardtfamilie.  Die woonbuurt is gebou op die plaas, Brandkop wat aan die Fichardtfamilie behoort het.  Waar die skool tans geleë is, was 'n oop stuk veld waar wild en vee gewei het.  'n Klompie jare gelede was Fichardtpark 'n plaas wat 'n ent buite Bloemfontein geleë was.

SKOOL SE SLAGSPREUK

"Fichies maak 'n verskil."

SKOOL SE LEUSE

Met behulp van 'n kompetisie aan die ouers, is die leuse vasgestel.
"Volhard en Oorwin."

SKOOLWAPEN EN LEUSE

Die skoolwapen is afkomstig van die Fichardt-familiewapen.  Die leeukop stel moed en krag voor.  Die boek stel kennis en die Woord van God voor.  Die twee kanonballe stel stryd en oorwinning voor.   Die embleem met skoolwapen is onthul deur dr. Barry Fichardt.