|
Ons kinders handhaaf 'n skitterende akademiese standaard.
Ons behou ouerbetrokkenheid deur middel van aktuele en akademiese inligtingsaande
Ons ouers kry deurlopend die geleentheid om vordering van die leerders met
opvoeders en die skoolhoof te bespreek.
Die volgende agt leerareas word geïntegreerd vanaf graad 4 tot 7 aangebied:
1. Taal , geletterdheid en Kommunikasie (dit sluit Afrikaans,
Engels en
Suid-Sotho in).
2. Wiskunde
3. Natuurwetenskappe (Skeikunde, Natuurkunde en Biologie)
4. Tegnologie
5. Kuns en Kultuur (wat onder andere
Sang en Musiek insluit)
6. Sosiale Wetenskappe (wat onder andere
Geskiedenis en Aardrykskunde insluit)
7. Lewensoriëntering (wat onder andere Bybelonderrig,
Liggaamlike Opvoeding, Voorligting en Sportvaardighede insluit).
8. Ekonomiese en Bestuurswetenskappe.
ONS
Bied ondersteuning aan alle leerders met akademiese probleme.
Bied gehalte onderrig en maksimale ontwikkeling vir elke leerder.
Onderneem gereelde opvoedkundige uitstappies.
Bied ons eie Expo vir Jong Wetenskaplikes aan.
Leerders presteer tydens die tweejaarlikse Bloemfonteinse Kunswedstryd.
Die volgende onderskei ons van ander skole:
ONS
Beskik oor en gebruik die nuustste tegnologiese ontwikkeling met betrekking tot rekenaargesteunde onderrig, asook 'n volledige rekenaarnetwerk.
Gee erkenning aan alle akademiese-, kulturele- en sportprestasies.
Bied ons eie Fichiemark aan.
Kunsonderrig maak dat ons leerders nasionale en selfs internasionale erkenning geniet.
Bied elke tweede jaar (wanneer die kunswedstryd nie plaasvind nie) 'n Kersspel, waaraan elke leerder vanaf graad 4 tot 7 deelneem, in die Sand du Plessisteater aan.
Skoolkoor is landwyd bekend vir suksesvolle optredes tydens Kunswedstryde, Koor- en Applousgalafeeste.
Skoolorkes, bestaande uit alle beskikbare simfonie-orkesintrumente, onderskei hom reeds sedert 1980 by verskeie geleenthede.
Is die toonaangewende skool vir Uitkomsgebaseerde Onderwys.
Is die toonaangewende skool vir Probleemgesentreerde Wiskunde. Ons opvoeders is betrokke by die reëling en aanbieding van die:
* AMESA Wiskunde kongres wat jaarliks in die Vrystaat
aangebied word.
* AMESA Wiskunde kompetisie
* AMESA Wiskunde werkswinkels vir opvoeders.
* Nautilus Wiskunde
* SAOU Wiskunde Studiegroep |