ONS MISSIE

Ons is 'n Afrikaanse skool wat, gegrond op die Woord van God, voortreflike onderrig bied op Primêre vlak.

DOELSTELLINGS
Ons stel ons ten doel:

  • Om aan alle leerders van die skool onderrig van hoë kwaliteit te bied, wat gegrond is op die Bybel, Afrikaanse moedertaal-onderrig en kultuurgebondenheid;
     
  • Om 'n dinamiese onderwysstrategie te volg;
     
  • Om elke leerder liggaamlik en geestelik tot sy volle potensiaal te ontwikkel d.m.v. gebalanseerde akademiese, kulturele en sportprogramme;
     
  • Om 'n opvoedkundige instansie te skep waarbinne elke opvoeder beroepsekuriteit, professionele selfstandigheid, doeltreffende benutting, werkstevredenheid en persoonlike ontwikkeling kan ervaar;
     
  • Om die gemeenskap waarbinne die skool funksioneer doelgerig te betrek en op voortreflike wyse te dien;
     
  • Om die skool te bestuur en te bedryf ooreenkomstig aanvaarde en gesonde bestuursbeginsels.

Kontakbesonderhede:

Tel.:  051-5228166
Faks:  051-5226661
Epos: 
info@fichies.co.za


KERMIS 2010