Untitled Document

 

 

Nuusbrief - 25 November 2011

 

Geagte Ouers

 

1.         AKADEMIE:

·         Die skool sluit  elke dag in die eksamen- Maandag, 21 Nov. tot Woensdag, 30 Nov.  vir alle senior leerders om 13:00.

·         Ons neem afskeid van die gr. 7-klasse op Woensdag, 30 November, om 10:45 – 13:00  in die saal.

·         Geen vergunning kan in die eksamen vir leerders gegee word  om vakke om een of ander rede vroeër of later  te skryf nie.  Ouers kan ook nie leerders vroeër kom haal, omdat die Hoërskool vroeër sluit nie.

·         NB:   Mnr. du Preez,  as prinsipaal, mag nie aan enige ouer toestemming gee om leerders voor 9 Desember uit die skool te haal nie.  Die tendens die afgelope paar jaar was egter dat leerders slegs tot op die laaste eksamendag (30 November) teenwoordig was.  Indien ouers dit vanjaar so beplan, doen u dit op eie verantwoordelikheid.

Die skooldag gaan egter daagliks voort tot 13:00, asook die middagstudie, vir  

die leerders wat wel die skool bywoon.  

Sportdrag mag elke dag gedurende die eksamen  gedra word. 

Assesseringsverslae (rapporte)  word op Vrydag, 9 Desember 2011 vanaf 07:00 – 08:30 deur   die  klasopvoeders uitgedeel.    Indien u dit nie kan kom afhaal nie, moet ‘n gefrankeerde koevert (met die nodige seëls) vooraf by die  klasopvoeders ingehandig word, sodat ons dit kan pos. Anders bly die verslag by  die skool. 

 

2        ALGEMEEN:

2.1       Oorplasingsertifikate:  Ouers wat oorweeg om hul kinders in 2012 na ander skole oor te plaas, moet onmiddellik by die kantoor kom reël vir oorplasingsertifikate.

 

2.2       Sokkie en speletjies-aand: Woensdag, 30 November in die skoolsaal:

Gr.1-3:  17:00 – 18:30  /   Gr. 4 -7:  18:30 – 20:30

R2,00 per speletjie   /  R10,00 toegang.

Speletjiespakket te koop @ R25,00 (12 speletjies en toegang ingesluit)

Kospakket te koop @ R25,00 (Hamburger en slush puppy en toegang ingesluit)

Indien beide pakkette gekoop word, sal die leerders ekstra speletjieskaartjies  ontvang.

Pakkette  is tot Dinsdag, 29 November te koop!!!!!

 

2.3       Diskonto boeke:

Daar is ’n boekuitstalling met die oog om te koop, by die Fichardtpark Stadsbiblioteek

Ma. 28 Nov.  die hele dag, Di. 29 Nov. die hele dag en Wo. 30 Nov. net in die oggend.

 

3.  LIEF EN LEED:.

Personeel wat nog verjaar en ook  in die vakansie verjaar:

6 Des.    Mnr. Hennie Pretorius – Studie

7 Des.    Mev. Heide-Louise Malan – Welpies

11 Des.   Mnr. Tom Prinsloo – Departementshoof/dissipline

12 Des.   Mev. Magriet Marais – Finansies

15 Des.   Mev. Christa Botha – Studie

15 Des.   Mev. Phialetta de Beer – Gr. 2B

5 Jan.     Mej. Karin Allers – gr. 5K

9 Jan.      Mej. Wilmari Bubb – gr. 4W

 

Mev. Johanna Els – RO. Sy het ’n rugoperasie ondergaan.

Mnr. Tom Prinsloo gaan ook volgende week vir ’n operasie.  Baie sterkte.

 

4.        BANKREKENING VIR DIE FICHIE – TRUST VIR ALLE studieleerders is ongelukkig nog nie beskikbaar nie.

 

5.       Verlore klere by die klerebank:

Drie swartsakke vol ongemerkte klere sonder eienaars.  Kinders kan pouses kom soek en soek en soek.  Net tot 30 November, daarna gaan dit na die wassery vir herverkope.

 

6.       GEDAGTE VIR DIE WEEK:

“Van alles wat mense van jou sien, is jou gesiguitdrukking die belangrikste.”

 

Vriendelike groete

 

 

JOHAN DU PREEZ

PRINSIPAAL

 

FICHIES SE “SPAAR ELEKTRISITEIT” SLAGSPREUK:

“Lees eerder boeke as om televisie te kyk.  Dit hou jou brein vars deur die vakansie.  Onthou om die geyser af te sit as julle see toe gaan – geniet die vakansie!”