Oud-leerders
Ons nooi alle oud-Fichie-leerders
om ons te kontak. Ons wil graag hoor hoe dit met julle gaan. Hou
hierdie bladsy dop vir nuus en prestasies van ons oud-leerders. Stuur vir
ons 'n epos by:
britss.sci@mail.uovs.ac.za
/ of skakel ons by 051-5228166
OUD-FICHIES PRESTEERAnton TauteBehalwe dat ons skool baie trots kan wees op ons huidige leerders wat op verskeie gebiede presteer, kan ons bors uitstoot oor verskeie van ons oud-leerders wat presteer. Al drie die hoërskole in ons omgewing se hoofmeisies is oud-Fichies: Roché Kleynhans by Fichardtpark Hoërskool, Petro Taute by Jim Fouché Hoërskool en Eloise du Toit by Sand du Plessis hoërskool. Verder is twee oud-Fichies ook hoofseun by Hoërskole in die stad: Jaco Delport by Fichardtpark Hoërskool en Pedri van Wyk by Sentraal Hoërskool. Nog ‘n oud-leerder Adriaan Steyn is onderhoofseun by Jim Fouché Hoërskool. Op nasionale vlak het twee oud-Fichies ook presteer: Ruan Pienaar het vanjaar verskeie toetse vir die Springbokke gespeel en was ook in die wêreldbekergroep wat die wêreldbeker in Frankryk gewen het, terwyl Morné Steyn ‘n gereelde lid was van die Bulle-span wat die Super 14-trofee gewen het en net-net in die Curriebeker Semi-finaal teen die Cheetahs verloor het. (Tot Meneer Brits en Meneer Botha se ontsteltenis) Ons as Fichardtpark laerskool sê baie geluk aan al hierdie leerders en wens hulle alle voorspoed toe vir die toekoms. |
Morné Steyn kuier saam Fichies
Hartlike groet uit New York
Ruan Pienaar - Een van
Paul en Trisna de Wet
die wêreldbekerhelde
Oud-leerders - Nasionale Prestasies

Wiaan Viljoen
Ruan Pienaar Roelof
Dednam Rechane vd Westhuizen
SA Pluimbal
SA Rugby
SA Pluimbal
SA Fietsry

Paul de Wet
Franco Smit
Chris Dednam Charné du Preez
SA Basketbal
SA Rugby
SA Pluimbal
SA Pluimbal

Annari Viljoen
Neil Powell
Morné Steyn
MJ Smith
SA Pluimbal
SA Rugby
SA Rugby
SA Rugby

Marsha Joubert
Liezl Colditz
LG Myburgh
Karen Venter
Nasionale Jeugorkes Nasionale Jeugorkes SA
Pluimbal
SA Netbal
Jolindi Smit
Jimmy Powell
Hennie Steyn
SA Netbal
SA Rugby
SA Judo