BELEIDSTUK: SKOOL- EN SPORTDRAG

SKOOLDRAG (Winter) op Maandae, Woensdae en Vrydae asook ons drag na Kultuuraktiwiteite

SEUNS

DOGTERS

1. Grys langbroek met grys skoolkouse

1. Ligblou skoolrok met donkerblou gordel en donkerblou broekiekouse

2. Wit langmouhemp met gestreepte lig- en     donkerblou skooldas   

2. Wit langmouhemp met gestreepte lig- en donkerblou skooldas

3. Swart seuns skoolskoene by langbroek

3. Swart dogters skoolskoene by skoolrok

4. Skooltrui / oortrektrui – donkerblou met 2     ligblou strepies om die hals

4. Skooltrui / oortrektrui – donkerblou met 2 ligblou  strepiesom die hals.             

5. Skool sweetpakbaadjie

5. Skool sweetpakbaadjie

 

                               OF

 

1. Goedgekeurde donkerblou dogters langbroek i.p.v. skoolrok met wit skoolsokkies of donkerblou broekiekouse .

Skoolbaadjie: Verpligtend vir prefekte, opsioneel vir ander leerders.

 

SPORTDRAG (Winter) op Dinsdae en Donderdae tydens skooltyd en sportperiode.

(Geen geborgde drag of oortrektruie)

SEUNS

DOGTERS

1. Amptelike skoolsweetpak

1. Amptelike skoolsweetpak

2. Nuwe langmou of bestaande kortmou     veeldoelige sporthemp.

Slegs prefekte mag hul amptelike sporthemp dra vir maklike identifikasie.

2. Nuwe langmou of bestaande kortmou veeldoelige sporthemp.

Slegs prefekte mag hul amptelike sporthemp dra vir maklike identifikasie.

3. Donkerblou veeldoelige kortbroek met twee     ligblou strepies.

3. Donkerblou veeldoelige kortbroek met twee ligblou strepies.

4. Sporttekkies oorheersend wit en blou skakering

    Geen “sneakers” of ander gemakskoene nie

4. Sporttekkies oorheersend wit en blou skakering

     Geen “sneakers” of ander gemakskoene nie

 

SKOOLDRAG (Somer) op Maandae, Woensdae en Vrydae asook ons drag na Kultuuraktiwiteite

SEUNS

DOGTERS

1. Wit kortmouhemp

1. Wit kortmouhemp

2. Grys kortbroek

2. Ligblou skoolrok met donkerblou gordel

3. Grys langkouse met blou strepies

3. Wit sokkies

4. Swart seuns skoolskoene

4. Swart dogters skoolskoene

Graad 1 en 2 leerders mag gedurende die eerste en vierde kwartaal kaalvoet skool toe kom

 

SPORTDRAG (Somer) op Dinsdae en Donderdae tydens skooltyd en sportperiode

(Geen geborgde drag of oortrektruie)

1. Bestaande kortmou veeldoelige sporthemp.

Slegs prefekte mag hul amptelike sporthemp dra vir maklike identifikasie.

1. Bestaande kortmou veeldoelige sporthemp.

Slegs prefekte mag hul amptelike sporthemp dra vir maklike identifikasie.

2. Donkerblou veeldoelige kortbroek met twee     ligblou strepies of met ligblou insetsel

2. Donkerblou veeldoelige kortbroek met twee ligblou strepies of met ligblou insetsel

3. Sporttekkies oorheersend wit en blou skakering

    Geen “sneakers” of ander gemakskoene nie

3. Sporttekkies oorheersend wit en blou skakering

     Geen “sneakers” of ander gemakskoene nie

 

SPORTDRAG tydens wedstryde, toernooie en kompetisies: sien foto’s in huiswerkboekie

 

Fichie Winkel: Skoolsportdrag, -sweetpakke, -sportkouse, -pette, -hoede, -sportsakke, -tasse, -dogters langbroeke, Voortrekkerdrag, ondersteunersdrag en klerebank

Kloppers: Skoolrokke, -dasse, -grys kouse, -truie en oortrektruie (“pull overs”)

ALGEMENE VOORKOMS

1.  SEUNS:  hare

    Kort om die ore en twee vingers (2cm) weggeskeer agter in die nek, 
   skoon, netjies en goed versorg.  Met netjiese kort haarstyle word wel "gel"
   in die kuif toegelaat, mits die kuif korter as 2 cm is.  Geen gekleurde hare 
   word toegelaat nie.

2.  DOGTERS:  hare

    2.1  Skoon, versorg en netjies.
    2.2  Gewone style wat pas by 'n dogter word aanbeveel:  eenvoudige
            style wat maklik netjies gehou kan word.
    2.3  Geen gekleurde hare word toegelaat nie.
    2.4  'n Lang kuif word vasgesteek of teruggekam, d.w.s. waar 'n kuif op
           die voorkop  gedra  word, mag dit nie aan die wenkbroue raak nie en
           dit moet heeldag netjies kan  bly.
    2.5  Poniesterte met kartels ("fizz") moet op twee plekke - bo en onder -
            vasgebind word, of gevleg word.
    2.6  Lengte van hare:  haarlengte tot by die onderste deel van
           hempskraag (agter die kop)  word toegelaat.  Langer hare word
           vasgebind.
    2.7  Haarlinte, bolletjies, " Alice bands" - slegs wit.  Haarknippies - goud,
            silwer of wit plastiek.

3.  GRIMERING:   Geen grimering word toegelaat nie.

4.  NAELS:   Kort geknip - gelyk met vingerpunte en skoon.  Geen naellak.

5.  ROKLENGTE:   In die knielende posisie - maksimum hoogte vanaf
     vloer:   120mm

6.  JUWELIERSWARE:   Geen armbande drade of toutjies om die arms.
      Dogters:  Een oorringetjie of "stud" per oor (in belletjie).
     Seuns:  Geen oorringe

7.  Tuisgebreide truie is toelaatbaar, mits die kleur, patroon en dikte wol
     ooreenstem met die amptelike skooltrui.

8.  Slegs ons amptelike skooldrag is toelaatbaar - enigiets anders is nie
      toelaatbaar nie.

9.  Serpe mag in die winter gedra word mits dit die regte donkerblou kleur is.

10.  SKOOLBAADJIE:   Dit is verpligtend vir die seuns om die skooldas
       saam met die baadjie te dra (winter of somer).  Slegs die
       voorgeskrewe  sweetpakbaadjie("dri-mac") mag saam met die
       skooldrag gedra word.

11.  Kouse: gewone wit sokkies by skoolskoene - geen tenniskouse mag  
       by skoolskoene gedra word nie.  Seuns:  Grys skoolkouse.