DIE SKOOLLIED
1. Op Fichardtpark se akkers staan 'n skool,
waar seuns en dogters saam van dag tot dag
en pligsgetrou op Gods bevel 'n toekoms bou.
Koor:
Getrou aan Hom die toekoms in,
volhard ons steeds tot ons oorwin
2. Met al ons krag en ons verstand in werk en
spel vat ons die hand.
Uit dank vir leiding ons gegun wil ons
Volhard om te oorwin.
Koor:
Getrou aan Hom die toekoms in,
volhard ons steeds tot ons oorwin
(Die Skoollied is geskryf deur Mev. M. Opperman, 'n ouer en die musiek is geskryf deur Mnr. Johan Greyling.) |