Sus en Daan nog glad nie “oud en koud”
Emsé Lloyd

Na ‘n leeskursus het die leerfasiliteerders aanbeveel dat onderwysers in die grondslagfase van “Big Book” gebruik moet maak as gedeelde lees tydens leesaktiwiteite.  Aangesien ons leesreeks nie so iets bevat nie, het die graad 1’s sommer dadelik aan die werk gespring om ons “eie” boeke te maak.  Die 14 leesprente is omskep in groot, groot boeke met die hulp van digitale foto’s en sinstroke daaronder.  Op die foto sit Clarise de Jager (Sus) en Michael Botha (Daan) met die boeke.  Die leerders geniet die nuwigheid so en lees ywerig saam.  Nog ‘n bewys dat die onderwys nooit ooit hoef te stagneer nie.  ‘n Boer maak ‘n plan!!!  Danksy tegnologie.