Die SBL-lede met hulle onderskeie ampte is soos volg:
KONTAK ONS VANDAG: +27 51 522 8166 info@fichies.co.za
Die SBL-lede met hulle onderskeie ampte is soos volg:
Dr. Jaco Deacon
Voorsitter
Fisiese Fasiliteite voorsitter
DSK Voorsitter
Mnr. Connie Hertzog
Tesourier
Finansiële komitee voorsitter
Me. Clarizé Bonthuys
Buite-kurrikulêr
Mnr. Meyr Cruywagen
Tegnologie en toerusting voorsitter
Mnr. Charles de Villiers
Buite-kurrikulêr voorsitter
Mev. Sarina de Vos
Menslike hulpbronne voorsitter
Mev. Anne-Marie Gouws
Tegnologie en toerusting
Mnr. Marius Kriel
Skoolhoof
Mev. Tinnie Pienaar
Welpiekomitee voorsitter
Mev. Sanet Smit
Menslike hulpbronne voorsitter
Mev. Mercia vd Berg
Waardes en welstand
Mev.Marna van Vuuren
Sekretaresse
Mnr. Bernard vd Vlies
Waardes en welstand voorsitter
Mev. Madelyn van Wyk
Bemarking en skakeling voorsitter
‘n Baie groot dankie aan ‘n bekwame en entoesiastiese beheerliggaam wat nie net beplan en vergaderings gehou het nie, maar hul het gedurende hul driejaar -termyn ‘n ongekende diens aan die Fichieskoolgemeenskap gelewer.
Die skool is geseënd met die dienste van ‘n wêreldbekende in terme van leierskap en skoolwetgewing, dr. Jaco Deacon (SBL vooorsitter). Onder sy leiding is die missiestelling van die skool nagestreef en die beste belang van die kind, onderwyser en ouer het deurgaans voorrang geniet.
Een van die vernaamste take van ‘n beheerliggaam, naamlik die aanstelling van personeel is uitstekend vervul. Gedurende die laaste twee jaar is ‘n skoolhoof, adjunkhoof, ses onderwysers en twee algemene assitente departementeel aangestel. Vier onderwysers, ‘n studiesentrumbestuurder, ‘n bemarker en ‘n algemene assistent is in beheerliggaamposte aangestel.
In 2016 kon die hele skoolgemeenskap d.m.v. vraelyste, e-posse en besprekings deelneem aan ‘n strategiese beplanning om uitvoering aan die doelstellings van die skool te gee. Dit het uitgeloop op ‘n strategiese beraad waar die SBL en die Skoolbestuurspan aksieplanne daargestel het wat teen Maart 2018 afgehandel moes wees.
Die verskillende SBL-komitees het kragte saamgesnoer en in 2017 is ‘n groot aantal projekte afgehandel o.a
Die verskillende SBL-komitees het uitstaande werk gedoen. Die hulpbronne van die skool is met groot verantwoordbaarheid beheer. Die voorsitters het daadwerklik leiding gegee en elke komitee het ‘n positiewe impak op die skool-landskap gemaak.
Fichieskoolgemeenskap is geseën met ware leiers ‘n SBL wat ook toegesien het dat die waardes nl. eerlikheid, omgee, verantwoordelikheid en respek geleef word – hul nalatenskap sal nog lank onthou word.
Om ’n dinamiese gebalanseerde Afrikaanse skool te wees, met ’n waardegedrewe grondslag wat voortreflike onderrig bied om elke kind in totaliteit te ontwikkel.
Graad 1 – 2: 7h30 -13h00 (Ma. – Vr.)
Graad 3: 7h30 -13h15 (Ma. – Do.) 7h30 – 13h00 (Vr.)
Graad 4 – 7: 7h30 -13h30 (Ma. – Vr.)
Designed & Developed by NovelVite