Skool 2021 Debietorder pdf

SKOOLGELDE 2021
Tydens die ouerbegrotingsvergadering op, 9 November 2020, is daar besluit dat skoolgeld vir 2021 vooruitbetaalbaar is. Indien die volle bedrag nie op 28 Februarie vereffen is nie, onderneem die ouer om die skoolgeld in elf gelyke paaiemente te betaal.
SKOOLGELDE VIR 2021
GRAAD | PER MAAND | PER JAAR |
---|---|---|
Graad R-5 | R1 166 | R12 826 |
Graad 6 | R1 130 | R12 430 |
Graad 7 | R 957 | R10 527 |
Welpies | R1 487 | R16 357 |
Die eerste paaiement is betaalbaar wanneer die skool in Januarie heropen. Skoolgeld moet voor die 7de van elke opeenvolgende maand vereffen word. Indien u nie ‘n debietorder ingestel het nie, moet u ‘n elektroniese betaling of ‘n direkte deposito by die bank maak. Gebruik asb. die korrekte verwysings met inbetalings en oorplasings.
LET WEL: DEBIETORDERS WORD OOR 11 MAANDE GEHEF, VANAF JANUARIE TOT NOVEMBER, OP DIE 1STE OF DIE 15DE VAN ELKE MAAND.
In belang van die veiligheid van die leerlinge word geen kontant by die skool aanvaar nie. Betaling van enige ander insamelings/projekte word per Karri-toep of EFT betaal. Verwys na meer inligting t.o.v. Karri-toep.
VOORUITBETALINGS
Indien die hele jaar se skoolgeld voor of op 28 Februarie 2021 ten volle vereffen is, word 5% korting toegestaan. Sien onder die bedrae na korting.
GRAAD | PER JAAR | BEDRAG NA 5% KORTING |
---|---|---|
Graad R-5 | R12 826 | R12 184.70 |
Graad 6 | R12 430 | R11 808.50 |
Graad 7 | R10 527 | R10 000.65 |
Welpies | R16 357 | R15 539.15 |
BANKBESONDERHEDE VIR INTERNETBETALINGS OF DIREKTE DEPOSITO’S
ABSA – Fichardtpark Primêre skool
Rek Nr – 1570 320 900
Takkode – 632005
Verw – Rekeningnommer (of kontak Marna van Vuuren)
Ouers wat wil aansoek doen om vrystelling of gedeeltelike vrystelling van skoolgeld kan ‘n aansoekvorm by die kantoor afhaal vanaf 20 Januarie 2020. Dokumente moet binne 14 dae na ontvangs deur die aansoeker ingegee word. Kleuters van die Welpies kwalifiseer nie vir vrystelling van skoolgeld nie.
STUDIEGELD 2021
Die studiesentrum en middagsorg is vanaf Januarie 2012 deur die FICHIE KLUB 300 TRUST oorgeneem.
Alle leerlinge wat van die studiesentrum gebruik wil maak, moet jaarliks herregistreer.
Rekeninge vir 2020 moet op datum betaal wees voordat leerlinge vir 2021 her-registreer kan word.
Die eerste paaiement is betaalbaar wanneer die skool in Januarie heropen. Studiegeld moet voor die 7de van elke opeenvolgende maand vereffen word. Indien u nie ‘n debietorder ingestel het nie, moet u ‘n elektroniese betaling of ‘n direkte deposito by die bank maak. Geen kontant word by die skool aanvaar nie. Gebruik asb. die korrekte verwysings met inbetalings en oorplasings.
Studie- en middagsorggelde is betaalbaar in elf gelyke paaiemente vanaf Januarie tot November. Geen uitstel word op agterstallige rekeninge gegee nie. Indien ‘n rekening meer as 60 dae uitstaande is, sal die leerling middagstudie moet staak.
STUDIEGELDE/MIDDAGSORGGELDE VIR 2021
GRAAD | PER MAAND | PER JAAR |
---|---|---|
Gr R-7 | R 578 | R 6 358 |
Welpies | R 578 | R 6 358 |
LET WEL: DEBIETORDERS WORD OOR 11 MAANDE GEHEF, VANAF JANUARIE TO NOVEMBER OP DIE 1STE OF DIE 15DE VAN ELKE MAAND.
VOORUITBETALINGS
Indien die hele jaar se studiegeld voor of op 28 Februarie 2021 ten volle vereffen is, word 5% korting toegestaan. Sien onder die bedrae met korting.
GRAAD | PER MAAND | BEDRAG NA 5% KORTING |
---|---|---|
Gr R-7 | R 6 358 | R 6 040.10 |
Welpies | R 6 358 | R 6 040.10 |
BANKBESONDERHEDE VIR INTERNETBETALINGS OF DIREKTE DEPOSITO’S
REKENINGNAAM: FICHIE KLUB 300 TRUST
ABSA TJEKREKENING: 40 7854 4256
TAKKODE: 632005
VERW NR: Rekeningnommer (of kontak Vicki Heins)
Geen vrystelling word op studiegelde toegestaan nie. Indien ‘n rekening 60 dae of meer agterstallig is, sal die leerder ongelukkig die middagstudie moet staak.
FICHARDTPARK PRIMÊRE SKOOL
Graad 1 – Skryfbehoeftes en benodigdhede vir 2021
Ingesluit by die pakket: (Te koop by die klerewinkel)
Denim stoelsakkie, viniel pennesakkie, denim leeskoevert, klei, witbord en 2 witbordpenne, ‘n sakkielêer “flipfile” en 4 skryfboeke.
(Bring al 4 skryfboeke, reeds oorgetrek met bruinpapier, asook die pakket en alle benodigdhede na die uitpakaand).
Skryfbehoefts wat deur ouers aangekoop moet word:
- 4 x 2H potlode (HB word nie aanvaar nie, te donker)
- 2 stelle lang inkleurpotlode (Staedtler)
- 2 stelle uitdraaikryte (MonAmi) – beste kwaliteit
- 1 x skerpmaker
- 1 x potlooduitveër
- 3 x 25g buisies Pritt (uitdraaitipe)
- 1 x rondepuntskêrtjie (linkshandige moet ‘n linkshandige skêr bring)
- 1 x inkleurboek
- 1 x rol bruinpapier (om 4 boeke tuis mee oor te trek)
- 1 x rol plastiek (nie plakplastiek nie) (om 4 boeke tuis mee oor te trek)
- 1 x “navy” blou tas. Beskikbaar by klerewinkel (Opsioneel)
Bring vanaf die huis:
- 4 wasgoedpennetjies
- ‘n ou waslappie/lappie om witbord mee skoon te maak
- 1 x 200 sneesdoekies (tissues)
AL BOGENOEMDE ITEMS MOET DEEGLIK EN DUIDELIK GEMERK WEES!
Graad 2 – Skryfbehoeftes en benodigdhede vir 2021
Skryfbehoeftes wat deur ouers aangekoop moet word:
- 4 x 96 bladsy A4 hardebandboeke
- 2 x 72 bladsy A4 skryfboek
- 2 x 30 sakkielêer “flip file’s”
- 1 x 10 sakkielêer “flip file”
Trek reeds alle skryfboeke met bruinpapier oor
Benodigdhede wat deur ouers aangekoop moet word:
- 6 x H (Staedtler) potlode
- 2 pak uitdraaikryte
- 2 pak kleurpotlode
- 2 x groot buisies pritt
- Skerpmaker
- Uitveër
- Skêr (met bakkie of bring jou eie bakkie)
- 1 Liniaal (30cm) (nie buigbaar nie)
- Wit bordjie met penne. Ons gebruik dit baie.!!!
- 2 groterige dobbelstene.
Bring vanaf die huis:
- Waslap
- Graad 1 se stoelsakkie tas, viniel pennesakkie, denimsakkie en denim-koevert.
- 2x Houers sneesdoekies
Verbruikbare items moet gereeld deur die jaar aangevul word. Begroot ook vir bruin papier en plastiek vir ongeveer 10 folioboeke.
- Gratis 2021 dagboekie word voorsien
- Merk asseblief alle skryfbehoeftes baie duidelik.
Ons sien daarna uit om ons nuwe Graad 2 – ouers en – leerders te ontmoet!
Graad 3 – Skryfbehoeftes en benodigdhede vir 2021
Skryfbehoeftes en benodigdhede wat deur ouers aangekoop moet word:
-
-
- 4 x 96 bl A4 hardebandboeke
- 4 x 192 bl A4 hardebandboeke
- 1 x 30 sakkielêer “flip file”
-
- Trek die boeke slegs met bruinpapier oor, skryf naam voor binne-in
Lys van benodigdhede wat deur ouers aangekoop moet word:
- 4 x 2H potlode (3 x potlode word opgeneem)
- 2 x pakkies MonAmi uitdraaikryte (1 x pakkie word opgeneem)
- 2 x pakkies Staedtler kleurpotlode (1 x pakkie word opgeneem)
- 1 x Bic fine blou pen en 1 x Bic fine rooi pen
- ‘Shatterproof’ liniaal (30cm). Geen buig liniaal nie.
- Skêr (kyk na linkerhand/regterhand skêr)
- 4 x Pritt (3 x Pritt word opgeneem)
- Uitveër
- Skerpmaker
- 1 x Dik inkleurboek
- 4 x Whiteboard-marker (3 x word opgeneem)
- 1 x Waslap
- ‘n Witbordjie, stoelsakkie en viniel-pennesakkie (soos oorgedra vanaf graad 2)
- 2 x 200 sneesdoekies (tissues)
- 4 x Afrikaanse tydskrifte
- Leerders wat middagstudie is, moet ‘n pennehouer met ander skryfbehoeftes in hê. (Die A4 huiswerkboek word by die middagstudie/huis vir huiswerk gebruik.)
- Merk asseblief alle skryfbehoeftes baie duidelik.
- Gratis: Dagboekie van skool (verpligtend), Slimkoppieboek (Leerboek) en Hulpbronboek (Leesboek) word voorsien.
- LET WEL: 2021 – Die leerders trek Maandae-Vrydae sportklere aan.
Ons sien daarna uit om ons nuwe Graad 3-ouers en – leerders te ontmoet!
Graad 4 – Skryfbehoeftes en benodigdhede vir 2021
Skryfbehoeftes wat deur ouers aangekoop moet word:
2 x 2H potlode
- Inkleurpotlode (12 kleure)
- Uitdraaikryte
- 2 x blou penne
- Kleurpenne (opsioneel)
- 1 x geel glimpen (highlighter)
- Uitveër
- Skerpmaker
- Liniaal
- Pritt
- Skêr
- Sakrekenaar (Casio 8-Digit Basic Calculator)
- 4 x “flipfiles” met 20 sakkies elk vir Wisk, SK, NWT, SW en 2 x “flipfiles” met 30 sakkies vir PSW en Eng
- 4 x eksamenblok (skryfpapier)
- 4 x A4 – 32 bl sagtebandskryfboeke vir Afr
- 5 x A4 – 72 bl sagtebandskryfboeke vir Eng (2), Wisk (2) en SW (1)
- 1 x A4 – 90 bl hardebandboek vir Afr.
- 1 x A4 – tekenboek vir SK
- 1 x Klein tweetalige woordeboek vir Afr en Eng
- 1 x A4 – 72 bl Quad & Margin sagtebandboek (Wisk)
- Gratis 2021 huiswerkboekie word voorsien.
- Merk asseblief alle skryfbehoeftes baie duidelik.
- Die skryfboeke kan met enige papier oorgetrek word, ‘n voorblad sal voorsien word in 2021 en daarna kan u plastiek oortrek
Graad 5 – Skryfbehoeftes en benodigdhede vir 2021
Skryfbehoeftes wat deur ouers aangekoop moet word:
2 x 2H potlode
- Inkleurpotlode (12 kleure)
- Uitdraaikryte
- 2 x blou penne
- Uitveër
- Skerpmaker
- Liniaal
- Pritt
- Skêr
- Sakrekenaar ( Casio 8-Digit Basic Calculator)
- 3 x 20 – sakkielêer “flipfile” vir SK, SW, Wisk
- 3 x 30 – sakkielêer “flipfile” vir Afr, Eng en PSW
- 2 x eksamenblok (skryfpapier)
- 5 x A4 – 72 bl boeke vir: Wisk (5) en SW (1)
- 6 x A4 – 96 bl swart hardebandboeke vir Afr (3) en Eng (4)
- 1 x A4 – Tekenboek vir SK (moet asb. nie oortrek nie.)
- 1x Klein tweetalige woordeboek vir Afr. en Eng. (Opsioneel)
- Gratis 2021 huiswerkboekie word voorsien.
- Merk asseblief alle skryfbehoeftes baie duidelik.
- Die skryfboeke kan met enige papier oorgetrek word, ‘n voorblad sal voorsien word in 2021 en daarna kan u plastiek oortrek.
Graad 6 – Skryfbehoeftes en benodigdhede vir 2021
Skryfbehoeftes wat deur ouers aangekoop moet word:
2 x 2H potlode
- Inkleurpotlode
- Blou pen (ten minste 2)
- Uitveër
- Skerpmaker
- Liniaal
- Pritt
- Skêr
- Sakrekenaar (Casio 8-Digit Basic Calculator)
- Passerstel (Instrumente bv. gradeboog deursigtig)
- 2 x 20 sakkielêer “flipfile” vir SK en Eng
- 2 x 30 sakkielêer “flipfile” vir Wisk en PSW
- 2 x eksamenblok (skryfpapier)
- 13 x A4 – 72 bl sagtebandboeke vir Eng(4), Wisk(4), Afr(4) en SW(1).
- 1x A4 Tekenboek vir SK (moenie oortrek nie)
- Klein tweetalige woordeboek (Opsioneel)
- Gratis 2021 huiswerkboekie word voorsien.
- Merk asseblief alle skryfbehoeftes baie duidelik.
- Die skryfboeke kan met enige papier oorgetrek word, ‘n voorblad sal voorsien word in 2021 en daarna kan u plastiek oortrek.
Graad 7 – Skryfbehoeftes en benodigdhede vir 2021
Skryfbehoeftes wat deur ouers aangekoop moet word:
- 2 x 2H potlode
- 1 x HB potlood vir Tegnologie
- Inkleurpotlode
- 4 x blou penne
- Kleurpenne (opsioneel)
- 2 x “highlighters”
- Uitveër (goeie gehalte vir Tegnologie)
- Skerpmaker
- Liniaal (30 cm)
- Skêr
- Pritt
- Sakrekenaar (Casio 8-Digit Basic Calculator)
- Passerstel (Instrumente bv. gradeboog deursigtig)
- 16 x A4 – 72 bl. sagteband skryfboeke met waterlyne vir Afr (4), Eng (4), Wisk (4), SW (2), EBW (1) en LO (1).
- 2 x eksamenblok (skryfpapier)
- 2 x 20-sakkie “flipfile” vir Wisk en SK.
- 2 x 30-sakkie “flipfile” vir LO, Afr en Eng.
- 1 x A4 Tekenboek vir SK Visueel (Nie te dun papier nie.)
- Woordsoortwiel Gr.7 – 12 (opsioneel) Beskikbaar by Protea Boekwinkel.
- Klein tweetalige woordeboek (Opsioneel)
- Lekker Afr. leesboek vir in die klas lees. (Eie of bib.)
- Gratis 2021 huiswerkboekie word voorsien.
- Merk asseblief alle skryfbehoeftes baie duidelik.
- Die skryfboeke kan met enige papier oorgetrek word, ‘n voorblad salvoorsien word in 2021 en daarna kan u plastiek oortrek.