Notice: Undefined variable: jws_theme_show_post_info in /home/fichiuni/public_html/wp-content/themes/preschool/framework/templates/blog/single/entry.php on line 33

Karri betalingstoepassing. Fichies gaan kontantvry!

KONTANTVRY VANAF 1 MEI OM ONS LEERLINGE TE BESKERM

Soos in vorige korrespondensie aan ouers herinner ons almal dat geen kontant vanaf 1 Mei by die skool deur enige onderwyser of finansiële dame ontvang sal word nie.

Betalings van skoolgeld sal slegs elektronies of per debietorder kan geskied. Betaling van alle ander gelde vir projekte, insamelings ens. (uitgesluit klerewinkel en snoepie) sal slegs elektronies of met die karri-toepassingsprogram kan geskied.

Meer inligting i.v.m. die karri-toepassingsprogram sal binnekort beskikbaar wees asook inligting rakende ‘n kompetisie wat geloods word met ‘n groot prys vir die klas waar die meeste ouers die nuwe toepassingsprogram gebruik.

Volg gerus die volgende skakel vir meer inligting :  https://www.youtube.com/watch?v=9EXSEVReYpc