HOOF:Mev. Emsie Botha(Afrigter)
+27 82 664 9492
OEFENTYE: Tyd word vasgestel direk na skool volgens kompetisie

By Fichies het ons ‘n gedugte span ywerige redenaars. Die bekkige leerders word blootgestel aan redenaars op skool, sowel as provinsiale- en nasionale vlak wanneer hulle kwalifiseer. Leerders vanaf graad 2 tot 7 neem deel.

Ons hierdeur om leerders die vrymoedigheid te gee om hulle verbale vermoë so aan te wend en om hulle standpunte te lug. Hulle raak vertroud met die optrede voor ‘n gehoor, notahantering en leer om op hulle voete te dink.

Ons neem aan verskeie kompetisies deel soos: Jim Fouché Primêre Skool Gr 3 redenaars. Radikale Redenaars, ATKV redenaars en ook Willem Postma Primêre Skool Interskole Redenaars vir graad 7’s.

Die volgende leerders het in die onderskeie jaar op Nasionale vlak presteer.

ATKV LANDSWYE FINAAL

Ané van den Berg (2005)
Jomari de Beer (2005)
Nikia Pottas (2013)
Carlise Botha (2014)
Karla Visser (2015 en 2017)
Gerald Fowler (2015)
Lisa Botha (2017)

RADIKALE REDENAARSFEES NASIONAAL

Ludzi Arpin (2014)
Carlise Botha (2015 en 2017)
Susan Fowler (2016)
Ané Oberholzer (2016)
Eben Sander (2017)

Bogenoemde uitslae onderstreep die feit dat leerders groei in hulle laerskoolloopbane en die redeneerkuns hulle eie maak.