KONTAK ONS VANDAG: +27 51 522 8166     +27 51 522 6661     info@fichies.co.za

Voortrekkers

Home | Kultuur | Voortrekkers

KOMMANDOLEIER: Mej. Chantėl Tomas
+27 83 391 8667

SPAN OFFISIER DAE TYD KWART
Gr. 7 seuns Me. Brigitte van Wyk Dinsdae 16:00-17:00 1 - 4
Gr. 7 dogters Me. Brigitte van Wyk Dinsdae 16:00-17:00 1 - 4
Gr. 6 seuns Mej. Karin Arpin Dinsdae 16:00-17:00 1 - 4
Gr. 6 dogters Mnr. Jan Fourie & Mev. Mariska Fourie Dinsdae 16:00-17:00 1 - 4
Gr. 5 seuns Mev. Christine Prinsloo & Soné van Aswegen Dinsdae 16:00-17:00 1 - 4
Gr. 5 dogters Mej. Danica Hardenberg Dinsdae 16:00-17:00 1 - 4
Gr. 4 seuns Mev. Etresia Bubb Dinsdae 16:00-17:00 1 - 4
Gr. 4 dogters Mev. Sarie Truter Dinsdae 16:00-17:00 1 - 4
Gr. 3 seuns Mev. Emsie Botha Dinsdae 16:00-17:00 1 - 4
Gr. 3 dogters Mev. Luzanne Strydom Dinsdae 16:00-17:00 1 - 4
Gr. 2 seuns Mev. Anita Knoetser Dinsdae 16:00-17:00 1 - 4
Gr. 2 dogters Mev. Lize-Marie Jonker Dinsdae 16:00-17:00 1 - 4
Gr. 1 seuns Mev. Juanita van Wyk Dinsdae 16:00-17:00 1 - 4
Gr. 1 dogters Mev. Lian Kasselman Dinsdae 16:00-17:00 1 - 4
Gr. R seuns Mev. Madelyn van Wyk Dinsdae 16:00-17:00 1 - 4
Gr. R dogters Mev. Anneke Kemp Dinsdae 16:00-17:00 1 - 4

voortrekkers_logoWat bied die Voortrekkers?

Die Voortrekkers is gevestig op Christelike waardes en skep geleenthede om Christelike waardes toe te pas. Ons Afrikaanse taal en kultuur word op modern maniere bevestig en verleen ruimte vir verdure groei en ontwikkeling van ons herkoms. Vaardighede vanuit ‘n wye spektrum word aangeleer en ontwikkel by Die Voortrekkers. Die Voortrekkers is betrokke in plaaslike gemeenskappe en bied ondersteuning deur verskeie projekte aan Suid-Afrikaners. Voortrekkers bied ‘n groot verskeidenheid avontuuraktiwiteite in die natuur. Boogskiet, perdry, rotsklim, hengel, staptoere – die lys hou aan. Voortrekkerkampe heg nuwe vriendskappe met Voortrekkers uit verskillende dele van Suid-Afrika en Namibië. Die Voortrekkers se metode vir leierskapsontwikkeling is die kombinasie van Kultuur, Avontuur en Natuur. Deur die metode het Die Voortrekkers vir meer as tagtig jaar bewys ons KAN suksesvol diensbare leiers vir more ontwikkel. Die uitkomste van Die Voortrekkers se leierskapsontwikkeling is selfdoen vaardighede, waardegedrewe antwoorde en die praktiese toepassing daarvan. Hiermee vat Voortrekkers die toekoms met selfvertroue. Die Voortrekkers gebruik die spanstelsel vir sy werksaamhede. ‘n Aantal maats van dieselfde portuurgroep en verkieslik van dieselfde geslag vorm ‘n span saam met ‘n volwassene om die voorgestelde werk (werkboek en spesialisasies) by onder andere spanbyeenkomste te doen. Hierdie stelsel bied die geleentheid om mekaar in klein groepies te vorm en om vrymoedigheid tot deelname te beoefen. Fichardtpark Primêre Skool se kommando staan bekend as Olienhoutkommando. Die kommando bestaan reeds 40 jaar. Met ons entoesiastiese offisiere is dit ‘n moet vir elke kind. Ons vergader 1 x per week vir ‘n uur. Die kinders kan ook uitsien na lekker kampe, speletjies speel en uitstappies.

x