FICHIE WELPIES

Personeel – 2009

 Fichie Welpies spog met ‘n uitstekende span personeellede.  Menige besoekers by die skool merk op dat die gesindheid en atmosfeer tussen die personeel altyd positief en gemaklik is.  Ouers weet verseker dat die mense in wie se sorg hulle hulle kleutertjies laat, die werk met ‘n passie en liefde vir kleuters doen.  Oor die afgelope paar jaar het baie min personeelwisseling plaasgevind.  Die kleuters word dus versorg in ‘n stabiele, gebalanseerde omgewing.

 Die volgende persone is werksaam by die kleuterskool:                                                                                   

Tinnie Pienaar
Juniorgroeponderwyseres en skoolhoof. 

Tinnie Pienaar was skoolhoof by Fichardtpark Pre-Primêre Skool gedurende 1992 tot 1995.  Daarna het sy vir 8 jaar by die Universiteit van die Vrystaat klas gegee vir die vierde jaar B-Prim-Ed studente.  Vanaf 2004 is sy weer skoolhoof by Fichie Welpies asook groeponderwyseres van die Juniorgroepie. Sy is getroud met Pine Pienaar en hulle het vier seuns.

Heide-Louise Malan
Middel/Seniorgroeponderwyseres.

Heide-Louise Malan is reeds vir 19 jaar onderwyseres by Fichie Welpies. Sy is getroud met Dirk Malan en hulle het twee dogters.

Elmarie Brisley
Seniorgroeponderwyseres. 

Elmarie is ons jongste personeellid en dit is haar derde jaar as onderwyseres van die seniorgroep.  Benewens haar Onderwysgraad, het sy ook ‘n graad in Somatologie.  Sy is getroud met Henning Brisley.

Rita van der Berg
Juniorgroepassistent. 

As assistent van die groep waar die skoolhoof die onderwyseres is, moet Rita dikwels die groep alleen hanteer.  Sy is al langer as ses jaar by Fichie Welpies en voordat sy hier begin werk het, het sy haar eie speelgroepie gehad.  Sy het drie agtereenvolgende jare die toekenning ontvang as Bloemfontein se dagmoeder van die jaar.Rita is ‘n weduwee met drie seuns, twee skoondogters en drie kleinkinders.

Elize de Klerk
Middelgroepassistent en Middagsorg en Vakansiesorg.

Elize werk reeds die afgelope 20 jaar by Fichie Welpies.  Sy is die assistent van die middelgroep en sy is beheer van die Middagsorg.  Vakansiesorg hanteer sy om die beurt saam met Dalene Smith.Elize is getroud met Jan de Klerk en hulle het drie getroude seuns en vyf kleinkinders.  Twee van haar eie seuns is ‘n tweeling en sy het ook tweeling kleinseuns.

Karin Wiese
Seniorgroepassistent en Sekretaresse.

Karin is die assistent van die Seniorgroep.  Sy is ook die skool se sekretaresse.  Karin is getroud met Hendrik Wiese en hulle het twee seuns. 

Dalene Smith
Middagsorg en Vakansiesorg.

Dalene is die afgelope drie jaar werksaam by Fichie Welpies. Dalene is saam met Elize verantwoordelik vir middagsorg.  Sy hanteer ook beurtelings die vakansiesorg gedurende skoolvakansies.

 Sophie Adam
Dienswerker.

Sophie is die afgelope vyf jaar die skool se dienswerker en skoonmaker.  Sy is deeltyds besig met haar Graad 10 kwalifikasie.  Sy is getroud met Ishmael en hulle het ‘n seun en twee dogters.

Johannes Kholotsa
Terreinwerker.

Johannes werk soggens by die Welpies op die terrein.  Hy is getroud met Momodibedi en hulle het twee dogters.