HOOF: TERESA SCHNETLER
ADJUNK: ENGELIE VAN DEN BERG
KONTAK ONS VANDAG: +27 51 522 8166 info@fichies.co.za
HOOF: TERESA SCHNETLER
ADJUNK: ENGELIE VAN DEN BERG
WEDSTRYDE / BYEENKOMSTE
Woensdae: liga 2de kwartaal / Let wel: Oefentye in eerste kwartaal sal deur afrigters gereël word.
Fichies spog met groot netbalprestasies. Vroeg in die jaar sien elke dogter daarna uit om met netbaloefening te begin. Hulle daag in groot getalle op. Ons is trots daarop om elke jaar vier spanne, in elke ouderdomsgroep, in die A-liga in te skryf. Die netbalspeelsters is gemotiveerd om hard te oefen en hul beste te gee tydens wedstryde. Wat Fichie netbal uniek maak, is die gees wat onder die netbalspeelsters heers. Ons poog daarna om ‘n liefde vir netbal by elke kind te kweek en genot te verkaf.
Fichies se netbalspanne vaar jaarliks uitstekend tydens die liga. Die o/12 en 13 A-spanne neem jaarliks deel aan die Motheo uitspeel rondtes en eindig onder die top 3 spanne in Bloemfontein. Ons skool se o/12 en 13 spanne verteenwoordig die skool jaarliks op Vrystaat en Suid-Afrikaanse vlak, wat ʼn uitstekende prestasie is. Die eerste span was die laaste drie jaar deel van die Wilde Klawer Netbaltoernooi, wat jaarliks in Kimberley aangebied word.
Fichies lewer jaarliks ʼn aantal Vrystaatspeelsters op, wat die provinsie op nasionale vlak verteenwoordig. Gertriana Retief ,oud Fichie , verteenwoordig Suid-Afrika op o/21 vlak en verskyn gereeld op televisie.
Fichies se afrigting is van uitstaande gehalte. Elke afrigter werk baie hard saam met hulle spanne en streef daarna om elke kind tot sy volle potensiaal te ontwikkel. Hulle poog daarin om elke wedstryd hul beste te gee. Die afrigters woon jaarliks skeidsregterskursusse. Hierdie skeidsregters is gekwalifiseerd om op Provinsiale en Nasionale kampioenskappe te verteenwoordig.
Van ons afrigters het NSA afrigterskursus vlak 1 en 2 voltooi. Ons afrigters word gereeld gekies om Provinsiale spanne af te rig tydens die Suid-Afrikaanse kampioenskappe. Drie van ons personeellede dien op die Motheo netbalkomittee.
Fichies is die eerste skool wat ʼn “Fast 5” netbaltoernooi in Bloemfontein aangebied het. Ons bied jaarliks ‘n o/12 netbaltoernooi aan. Skole van reg oor die Vrystaat neem deel aan die suksesvolle toernooi. Voorwaar is dit ‘n fees om deel van Fichie netbal te wees.
Om ’n dinamiese gebalanseerde Afrikaanse skool te wees, met ’n waardegedrewe grondslag wat voortreflike onderrig bied om elke kind in totaliteit te ontwikkel.
Graad 1 – 2: 7h30 -13h00 (Ma. – Vr.)
Graad 3: 7h30 -13h15 (Ma. – Do.) 7h30 – 13h00 (Vr.)
Graad 4 – 7: 7h30 -13h30 (Ma. – Vr.)
Maandae tot Vrydae
07:00 – 08:30 en 13:00 – 14:00
Geen kontant, slegs per Karri-toepassing of bankkaarte.
Aankoop op Karri-toepassing word aanbeveel.
Designed & Developed by NovelVite
Cookie | Duration | Description |
---|---|---|
cookielawinfo-checkbox-analytics | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Analytics". |
cookielawinfo-checkbox-functional | 11 months | The cookie is set by GDPR cookie consent to record the user consent for the cookies in the category "Functional". |
cookielawinfo-checkbox-necessary | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookies is used to store the user consent for the cookies in the category "Necessary". |
cookielawinfo-checkbox-others | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Other. |
cookielawinfo-checkbox-performance | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Performance". |
viewed_cookie_policy | 11 months | The cookie is set by the GDPR Cookie Consent plugin and is used to store whether or not user has consented to the use of cookies. It does not store any personal data. |