HOOF: HENNIE BOTHA
KONTAK ONS VANDAG: +27 51 522 8166 info@fichies.co.za
HOOF: HENNIE BOTHA
WEDSTRYDE / BYEENKOMSTE:
Wedstryde 2de kwartaal, Woensdae – Aandliga 0/11 en 0/13 1ste kwartaal
Let wel: Oefentye in eerste kwartaal sal deur afrigters gereël word.
Vir die afgelope 40 jaar word daar rugby by Fichies afgerig. Graad 1 tot 7 speel rugby. Fichies speel in die A-liga wat die topspanne in Bloemfontein insluit. In elke ouderdomsgroepe is daar 3 spanne. Die verskillende spanne word deur onderwysers, studente en ouers (pa’s) afgerig. Hierdie afrigters doen ook elke 2 jaar hulle Boksmartkursus. Fichies word ook elke jaar uitgenooi na verskillende toernooie oor die land heen. Hierdie jaar het Westville Boys High ons na hulle toernooi in Durban genooi. Elke jaar gedurende die Maartvakansie gaan toer die 0/11 en 0/13 spanne.
Jaarliks word baie van ons leerders in die verskillende Vrystaatspanne opgeneem. Hulle verteenwoordig ons skool op provinsiale vlak op die verskillende toernooie wat landswyd aangebied word. Van die skool se afrigters het verskillende provinsiale spanne afgerig. Van hulle dien ook op die Vrystaatse Laerskool Rugbyunie.
Die afgelope 2 jaar bied ons skool ook ‘n baie suksesvolle Sewestoernooi aan. Ouderdomsgroepe, wat in die toernooi meeding, is: 0/11 en 0/13. Verlede jaar het skole van die Vrystaat en Noord-Kaap aan die toernooi deelgeneem. Ons wil poog om skole van regoor die hele Suid-Afrika na die toernooi te lok.
Fichies het ook baie bekende rugbyspelers deur die jare opgelewer. Van die spelers speel tans nog rugby en is ook betrokke by afrigting nl.
Corne Powell: Verteenwoordig Namibiё op nasionale vlak en Wêreldbeker.
Jimmy Powell: Senior Vrystaatrugbyspan op provinsiale vlak. Fisio-terapeut in Bloemfontein.
Niel Powell: Verteenwoordig die Blitsbokke op nasionale vlak. Afrigter van die Blitsbokke wat Wêreldkampioene is. Senior Vrystaatrugbyspan op provinsiale vlak.
Ruan Pienaar: Verteenwoordig die Springbokke op nasionale vlak vanaf 2010 – 2016 tydens die en Wêreldbeker. Verteenwoordig Sharks in Superrugby. Speel vir Ulster in Ierland. Tans speel hy nog rugby in Frankryk.
Morne Steyn: Verteenwoordig die Springbokke op nasionale vlak en Wêreldbeker. Verteenwoordig die Bulle in Superrugby. Speel tans nog rugby in Frankryk.
Stef Robberts: Verteenwoordig Griekwas in die Curriebeker van 2008 – 2016. Was ook kaptein van die span. Speel 165 wedstryde vir Griekwas.
George Whitehead: Verteenwootdig Griekwas en Vrystaat op provinsiale vlak. Speel vir die Kings Superrugby. Tans in die Stormers se Superrugbygroep.
MJ Smith: Verteenwoordig die Junior Springbokke. Tans betrokke by die Vrystaatse Rugbyunie met afrigting.
Franco Smith: Verteenwoordig die Springbokke op nasionale vlak. Hulpafrigter van die huidige Springbokke. Verteenwoordig die Bulls en Cheetahs op provinsiale vlak. Tans nog betrokke by die Vrystaatse Rugbyunie met afrigting.
Om ’n dinamiese gebalanseerde Afrikaanse skool te wees, met ’n waardegedrewe grondslag wat voortreflike onderrig bied om elke kind in totaliteit te ontwikkel.
Graad 1 – 2: 7h30 -13h00 (Ma. – Vr.)
Graad 3: 7h30 -13h15 (Ma. – Do.) 7h30 – 13h00 (Vr.)
Graad 4 – 7: 7h30 -13h30 (Ma. – Vr.)
Maandae tot Vrydae
07:00 – 08:30 en 13:00 – 14:00
Geen kontant, slegs per Karri-toepassing of bankkaarte.
Aankoop op Karri-toepassing word aanbeveel.
Designed & Developed by NovelVite
Cookie | Duration | Description |
---|---|---|
cookielawinfo-checkbox-analytics | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Analytics". |
cookielawinfo-checkbox-functional | 11 months | The cookie is set by GDPR cookie consent to record the user consent for the cookies in the category "Functional". |
cookielawinfo-checkbox-necessary | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookies is used to store the user consent for the cookies in the category "Necessary". |
cookielawinfo-checkbox-others | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Other. |
cookielawinfo-checkbox-performance | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Performance". |
viewed_cookie_policy | 11 months | The cookie is set by the GDPR Cookie Consent plugin and is used to store whether or not user has consented to the use of cookies. It does not store any personal data. |