KONTAK ONS VANDAG: +27 51 522 8166     +27 51 522 6661     info@fichies.co.za

Skaak

Home | Sport | Skaak

HOOF: Mev. Lize-Mari Jonker
+27 84 871 6670
ADJUNK: Mev. Nelmari du Toit

SPAN AFRIGTER DAE TYD KWART
Beginner, Juniors & Seniors Mev. Lize-Mari Jonker & Nelmarie du Toit Di. & Do.
Di. & Do.
14:30 - 15:00
15:00 - 16:00
1
1
Vervoer / Tellinghouer Mev. Emsie Botha Do. 14:30 - 15:00 2
Do. 15:00-16:00 2
Di. 14:00-15:00 3
Di. 15:00-16:00 3

WEDSTRYDE / BYEENKOMSTE:
Ligawedstryde 2de en 3de kwartaal – Dinsdae
*Geen skaak in 4de kwartaal

Fichardtpark Sport Logo“Maak jou skuif” en speel skaak, want leerders wat daaraan deelneem toon ‘n verbetering in konsentrasievermoë en kreatiewe probleemoplossing. Skaak bevorder logiese redenering en is ‘n toets van geduld, senuwees, breinkrag en konsentrasie. Skaak is ‘n interessante spel tussen twee persone wat holistiese ontwikkeling meebring en waardes soos respek en eerlikheid bevorder.

Skaak vind by Fichies tweeweekliks plaas en beginners leer skaakvaardighede en ‘n liefde vir die spel aan. Na afloop van die leerders se skaakaktiwiteite meet ouers kragte en geniet ‘n spel skaak, terwyl die gevorderde spanne leerders ook hulle skaakvaardighede inspan.

Gedurende die tweede kwartaal neem ons teen ander skole deel en leerders geniet gesonde kompetisie.  Hulle  kry die geleentheid om te wys wat in hulle steek.

Fichie-spelers het onlangs die Vrystaatspan verteenwoordig in ‘n toernooi en ons is baie trots op hulle. By Fichies is skaak pret en ervaar leerders dat hulle Fichie-konings en Fichie-koninginne kan wees.

x