‘n Behoorlike gestruktureerde STUDIESENTRUM vir ons leerders word op ons skoolgrond beman deur kundige personeel. Voorsiening word gemaak vir studieleiding waarby vele leerders reeds baat gevind het. Leerders kan ook maklik by buitemuurse bedrywighede inskakel sonder dat hulle deur ouers aangery hoef te word. Voldoende geleentheid bestaan veral vir ons kleinere Fichies om in die middae uit te rus en te ontspan.
Die studiesentrum en middagsorg is vanaf Januarie 2012 deur die FICHIES KLUB 300 TRUST oorgenee. Alle leerders wat van die studiesentrum gebruik wil maak, moet jaarliks herregistreer.
REKENING VIR 2018 MOET DATUM WEES VOORDAT VERSOEKE VIR 2019 OORWEEG SAL WORD
Die eerste paaiement is betaalbaar wanneer die skool in Januarie heropen. Indien u nie ‘n debietorder ingestel het nie, moet u ‘n elektroniese betaling of ‘n direkte deposito by die bank maak. Gebruik asseblief die korrekte verwysing met inbetaling en oorplasing.