Slaagvereistes Primêrefase

SLAAGVEREISTES VIR GRAAD 1 TOT 3

1. In die Grondslagfase is graad-tot-graadbevordering, in terme van die toepaslike ouderdomsgroep, die aanvaarde norm, behalwe as die leerder nie die gewenste vordering in die daaropvolgende graad toon nie. ‘n Leerder wat nog nie gereed is om aan die volgende graad se vereistes te voldoen nie, moet geassesseer word om vas te stel watter toepaslike hulp aan die leerder verskaf moet word.

2. Die volgende dien as riglyn om ‘n leerder se vordering in graad R te bepaal:

(a) Voldoende Prestasiebeskrywing (Vlak 4) in een amptelike taal op Huistaalvlak.
(b) Matige Prestasiebeskrywing (Vlak 3) in Wiskunde.

3. Die volgende dien as riglyn om te bepaal of ‘n leerder toegelaat moet word om van graad 1 tot 3 in die Grondslagfase bevorder te word:

(a) Voldoende Prestasiebeskrywing (Vlak 4) in een amptelike taal op Huistaalvlak.
(b) Matige Prestasiebeskrywing (Vlak 3) in die die tweede vereiste taal op Eerste Addisionele Taalvlak.
(c) Matige Prestasiebeskrywing (Vlak 3) in Wiskunde.

4. ‘n Leerder wat nie aan die bevorderingsvereistes voldoen nie, kan na die volgende graad bevorder word om te verhoed dat ‘n leerder, met die uitsondering van graad R, in die Grondslagfase vir ‘n periode langer as vier jaar teruggehou word.