VERKRYGING VAN TOESTEMMING VANAF OUER OF VOOG VAN NUWE LEERDER IN TERME VAN DIE WET OP DIE BESKERMING VAN PERSOONLIKE INLIGTING
INLEIDING
Vanaf 1 Julie 2021 is dit verpligtend om toestemming te verky van die ouer of voog van ‘n leerling om persoonlike inligting te verkry van ‘n leerling, soos bepaal deur die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting. Daar is ‘n verdere verpligting op Fichardtpark Primêre Skool, wat die daaglikse operasionele werking noodsaak, om persoonlike inligting van u, sowel as u kind, te verkry en veilig te hou. Fichardtpark Primêre Skool sal verseker dat voorkomende maatreëls in werking gestel word om persoonlike inligting te beskerm en te bewaar, soos bepaal deur die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (POPIA).
VERKRYGING VAN PERSOONLIKE INLIGTING
As ouer of voog van ‘n leerling is dit belangrik dat u as aangewese persoon, in terme van POPIA, gemagtig is om persoonlike inligting met betrekking tot die leerling aan die skool te verskaf. Gedurende die leerproses sal die inligting van die leerling ook vermeerder in terme van die hoeveelheid, asook die kwaliteit van inligting. Sommige inligting oor vorige leerprosesse en assessering sal dien as basis vir die bepaling van die sukses van die vordering van die leerling.
Dit plaas ‘n verpligting op Fichardtpark Primêre Skool om akkurate rekordhouding van persoonlike inligting te verseker. Hierdie inligting word bekom deur die interne assessering van die leerling en in sommige gevalle verskaf deur eksterne diensverskaffers, soos bekom deur mediese- of terapeutiese assesserings. Fichardtpark Primêre Skool moet verder die inligting veilig berg, elektronies stoor en liasseer totdat dit verwyder en vernietig word. Toegang tot die inligting is onderhewig aan die bepalings van die Bevordering van Toegang tot Inligting (PAIA).
TIPE INLIGTING EN TOT WATTER MATE WORD INLIGTING GEDEEL
Gedurende die daaglikse werking van Fichardtpark Primêre Skool sal opvoeders wat dieselfde leerdergroep hanteer, toegelaat word om inligting van leerders onderling te deel. Indien nodig, sal ‘n opvoeder toegelaat word om ‘n leerder se inligting te deel met die ondersteuningsdienste. Hierdie ondersteuningsdienste sal nie betrokke wees sonder die toestemming van die ouer of voog nie.
Inligting van ‘n ouer of voog sal slegs met ‘n eksterne party gedeel word indien dit deel uitmaak van die administratiewe- of regsprosesse. Sodanige uitgee van inligting sal onderhewig wees aan die riglyne van Fichardtpark Primêre Skool se beleid in terme van POPIA en PAIA.
BERGING EN LIASSERING VAN INLIGTING
Fichardtpark Primêre Skool gebruik die volgende fasiliteite vir die berging en liassering van inligting:
(i) Liassering en berging van fisiese inligting op die perseel in doelgemaakte kluise.
(ii) Elektroniese inligting vir sentrale administratiewe operasionele werking word veilig geberg met die hulp van ‘n spesialis eksterne diensverskaffer.
(iii) Operasionele elektroniese inligting van opvoeders word veilig geberg met die hulp van ‘n spesialis eksterne diensverskaffer.
BETROUBAARHEID EN AKKURAATHEID VAN INLIGTING
Fichardtpark Primêre Skool is verantwoordelik vir die akkurate prosessering van oorspronklike inligting soos wat inligting deur die werking van die skool geskep word. Betroubaarheid van inligting is primêr belangrik om akkuraat verslag te doen oor die leerder se vordering te verseker.
STOOR, VERWYDERING EN VERNIETIGING VAN INLIGTING
Na voltooiing van die betrokke graad of skoolfase is Fichardtpark Primêre Skool verantwoordelik vir die veilige liassering en berging van fisiese en elektroniese inligting in ooreenstemming met wetgewing en etiese praktyke. Fichardtpark Primêre Skool is ook verantwoordelik vir die verwydering en vernietiging van oortollige, verouderde en moontlike misleidende inligting. Die inligtingsbeampte is verder verantwoordelik om te verseker dat inligting wat verwyder en vernietig is, nie na voltooiing van die proses herwin kan word nie.
INLIGTING MAATREëLS WAT IN WERKING GESTEL IS
Daar word onderneem dat inligting wat versamel, geberg, verwyder en vernietig word binne die raamwerk van POPIA sal geskied. Fichardtpark Primêre Skool wil die versekering gee dat alle moontlike maatreëls in werking gestel is om te verseker dat persoonlike inligting veilig en beskerm is. U word verder daarvan verseker dat geen persoonlike inligting vir enige bemarkingsdoeleindes gebruik word nie.
Vriendelike groete.
Mnr. L M Kriel
SKOOLHOOF