Gedragskode vir Leerders

1. Inleiding

Hierdie dokument is die verkorte Gedragskode van Fichardtpark Primêre Skool. Die beheerliggaam het met die ouers, leerders en opvoeders van die skool gekonsulteer betreffende die inhoud van die Gedragskode. Die Gedragskode is opgestel in ooreenstemming met die toespaslike bepalings vervat in die Grondwet van die Republiek van Suid Afrika 108 van 1996, die Suid Afrikaanse Skolewet 84 van 1996, Riglyne vir Gedragskode vir die Leerders (Kennisgewing 776 van 1998) en ander toepaslike provinsiale wetgewing.

2. Doel

Die doel van die Gedragskode is om ‘n kultuur van versoening, opvoeding, wedersydse respek, verdraagsaamheid en vrede in die skool te vestig. Die Gedragskode onderskryf die Skool se missietelling.
‘n Leerder en sy/haar ouers/voogde moet hulleself van die skool se Gedragskode en die bepalings daarvan verwis. Sodra ‘n leerder by die skool ingeskryf is, is hy/sy by implikasie aan die Gedragskode verbonde en moet dit stiptelik nakom. Indien ‘n leerder die Gedragskode oortree of minag, sal daar dienooreenkomstig teenoor hom/haar opgetree word.

3. Gedragskode

Algemene reëls

3.1 Die leerders sal hulle te alle tye gedra as goeie ambassadeurs van die skool;
3.2 Die leerders sal te alle tye, terwyl hulle geklee is in die skool se skooldag, hulleself op so ‘n wyse gedra, dat dit nie die skool, personeel of hulle mede-leerders in ‘n swak lig stel nie;
3.3 Leerders moet te alle tye in hulle omgang met die personeel van die skool en ander besoekers, die nodige hoflikheid en respek betoon;
3.4 In hulle omgang met mekaar, moet leerders wedersydse respek en verdraagsheid betoon;
3.5 ‘n Opvoeder van die skool sal dieselfde regte as ‘n ouer geniet ten aansien van die beheer en disspline van die leerder volgens die Gedragskode, gedurende die leerder se bywoning van die skool en enige skoolaktiwiteit;
3.6 Die prinsipaal of ‘n opvoeder het, met redelike vermoede, die reg om ‘n leerder en/of sy eiendom in sy/haar besit te ondersoek vir enige gevaarlike wapens, vuurwapens, dwelms of skadelike gevaarlike middels, gesteelde goedere, of pornografiese materiaal wat op die skooleiendom gebring is.

4. Klasreëls

4.1 Leerders moet stiptelik en volledig voldoen aan die klasreëls asook aan enige verbale opdragte gegee deur die klasopvoeder of enige uitvoerende personeellid;
4.2 Enige oortreding van die klasreëls sal beskou word asof hierdie Gedragskode en skoolreëls oortree word.

5. Reëls met betrekking to voorkoms en skooldrag

5.1 Skooldrag
5.1.1 Die voorgeskrewe skooldrag moet gedurende skoolure en ander aktiwiteite soos deur die Beheerliggaam bepaall word, gedra word.
5.2 Voorkoms en netheid:
Sien huiswerkboekie in verband met algemene voorkoms.

6. Sport en buitemuurse aktiwiteite

Sien huiswerkboekie i.v.m. buitemuurse rooster asook die gedragskode vir ouer, ondersteun en leerders rakende buitemuurse aktiwiteite.

7. Skooleiendom

7.1 Elke leerder is verplig om alles in sy/haar vermoë te doen om die skool se eiendom te bewaar sodat dit gebruik kan word tot voordeel van alle huidiges en toekomstige leerders van die skool;

8. Leerderraad

8.1 Die Leerderraad is saam met die opvoeders verantwoorderlik vir die algemene dissipline van die skool;

9. Skoolkennisgewings

9.1 Elke leerders is verplig om alle kennisgewings aan die ouers van die skool wat vir daardie doel deur die beheerliggaam, prinsipaal of ‘n opvoeder van die skool aan hom/haar gegee is, aan sy/haar ouers te oorhandig, en om stiptelik enige ontvangserkenning wat die ouers moet voltooi, aan die klasopvoeder te voorsien;

10. Skoolwerk en huiswerk

10.1 Daar moet te alle tye ‘n ordelike klasatmosfeer in die klaskamers heers.  Leerders mag nie onderrig steur of verhinder nie;
10.2 Leers moet klasopdragte stiptelik nakom;
10.3 Elke leerder moet sodanige huiswerkboek as wat die prinsipaal of klasopvoeder mag voorskryf, hou en in stand hou
10.4 Elke leerder moet die voorgeskrewe huiswerk doen en stiptelik op die spertyd daarvoor aan die betrokke opvoeder oorhandig.
10.5 Elke leerder moet sy/haar voorgeskrewe skoolwerk met ywer, pligsgetrouheid en toewyding doen om sodoende ‘n deurlopende werksetiek te ontwikkel.
10.6 Dit is die leerder se plig om werk wat hy/sy gemis het so spoedig moontlik in te haal;

11. Toetse en eksamens

11.1 Alle leerders is verplig om hulle te onderwerp aan die toetse en eksamens wat deur die opvoeders aan hulle deurgegee word.
11.2 Leerders moet hulle tydens die afneem van toetse of eksamens weerhou van afkykery of enige ander aktiwiteit wat neerkom op  oneerlikheid.
Sien huiswerkboekie i.v.m. die assesseringsbeleid en belei t.o.v. afwesighede tydens assessering.

12. Motorvoertuie, motorfietse en fietse

Geen motorvoertuie of motorfietse van ouers of leerders word op die skoolgronde toegelaat nie. Fietse moet op skoolterrein gestoot word na en van fietsloodse.

13. Stiptelik

13.1 Leerders moet altyd op die bestemde tyd aan die skoolgronde toegelaat nie. Fietse moet op die skoolterrein gestoot word na en van fietsloodse

14. Afwesigheid van skool

14.1 Leerders mag slegs in uitsonderlike gevalle afwesig wees van die skool, en dan slegs met die skriftelike toestemming van die prinsipaal of sy verteenwoordiger, indien hy nie beskikbaar is nie;
14.2 ‘n Leerder wat vir een tot drie agtereenvolgende dae van die skool afwesig is moet by sy/haar terugkeer skool toe ‘n skriftelike verduideliking van sy/haar ouers voorlê. Afwesigheid vir meer as 3 (drie) aftereenvolgende dae sal slegs geskondoneer word indien ‘n sertifikaat deur ‘n geregistreerde mediese praktisyn voorgelê word, behalwe in die geval van dood of trauma in die leerder se huisgesin of ‘n ander rede deur die prinsipaal goedgekeur.

15. Omgewing

15.1 Leerders het die reg tot ‘n veilige omgewing en skool wat bevordelik is vir opvoeding;
15.2 Leerders moet gehoor gee an die redelike opdragte van die prinsipaal, enige opvoeder of lid van die leerderraad met betrekking tot die handhawing van ‘n skoon en higiëniese skoolomgewing;

16. Regte en voorregte van leerder

Sien huiswerkboekie i.v.m die regte en voorregte van leerders.

Die volledige Gedragskode vir die volledige uiteensetting van die skoolreëls, is by die kantoor beskikbaar.