VCSV

Fichardtpark Primêre Skool bied VCSV aan.
Meer inligting is beskikbaar in die Fichardtpark Primêre Skool dagboekie

vcsv_logoFichies se VCSV nooi jou hartlik uit na ons byeenkomste op ‘n Dinsdagmiddag van 14:00 tot 15:00 in mnr. Nathan se klas.

Hierdie is ons kans om saam met ons maats die Here te loof en prys en ook meer van ‘n lewe saam met Jesus te leer. Ons sing lekker saam en kyk video’s met mooi lewenslessies. Ons maak groepies en gesels oor die Bybel.

Daar word ook gereeld vir mekaar en vir ons skool gebid,  want ons gee om vir mekaar. Elke Dinsdag bid ons saam tydens VCSV.

Fichies VCSV

Omdat ons so geseënd is, moet ons ook uitreik na ander wat ons nodig het. Ons maak huidiglik komberse en klere bymekaar vir Street Store. In die 3e kwartaal samel ons kos in vir die diere.  Gedurende die 4e kwartaal maak ons items bymekaar vir kerspakkies vir die koskas.

GLOW is ’n goed gevestigde VCSV-tak, bestaande uit vyftig leerlinge vanaf graad 3 tot 7.  GLOW-byeenkomste vind Dinsdae plaas en deelname is vrywillig. Ons het Dinsdae-oggende na 07:00 ook lofprysing aangebied.  Tydens samekomste word Jesus deur sang en interaksie geloof en geprys. Die Woord word op ‘n kreatiewe manier aan leerlinge uitgelê en daar word gesels oor wie God is.   Daar is kwartaalliks verskeie temas aangebied om dié samekomste opwindend en interessant te hou. Weeklikse sessies is deur gebruikmaking van multimedia en storievertel aangebied.  Die dansgroep, bestaande uit sewe VCSV-leiers, het die aanbidding gelei.  Die skool se jeugwerker, Christie-Lee Drinkwater, bied die lesse aan. Hulel het vanjaar oor dienste van drie studente wat met hul internskap besig is, beskik. Hul was behulpsaam met die aanbieding van lesse.

Die VCSV was by drie uitreikaksies betrokke. Gedurende die eerste kwartaal is ’n suigstokkieprojek geloods.  Die leerlinge kon suigstokkies koop.  Die tema was:  gee om vir iemand.  Die wins word aangewend om ’n fonds daar te stel vir die VCSV om in die gemeenskap behulpsaam te wees. Dié projek was ’n reuse sukses en die Here het dit werklik geseën.  Gedurende die derde kwartaal was ons betrokke by die Fichies graad R-projek.  Speelgoed en klere is ingesamel en aan Khanya for life organisasie geskenk.

GLOW-daghet op 3 Maart plaasgevind en dit is deur honderd en dertig leerlinge bygewoon. Die tema van die dag was: “die drie varkies”.  Dit was ‘n uitvloeisel van die kwartaal se tema waarby verskeie gemeentes in die dorp betrokke was.  Doxa Deo het hul kinderproduksie vir graad 1 tot 7-leerlinge opgevoer.  Die boodskap was dat Jesus ons Lighuis is en vir ons die pad en rigting aanwys.  Dit was op die leerlinge se vlak aangebied en hulle het dit terdeë geniet.  Die VCSV-gebedstuin word deurentyd benut. Belang-stellendes word uitgenooi om die gebedstuin te gebruik en ons hou weeklikse gebeds-geleenthede. Dit is ’n wonderlike voorreg om in die lig van God se genade te leef.  Jesus se liefde het vele harte aangeraak.