Studiesentrum

Die studiesentrum en middagsorg is vanaf Januarie 2012 deur die FICHIE KLUB 300 TRUST oorgeneem.

Leerlinge wat die komende jaar van die studiesentrum se dienste wil gebruik maak, moet jaarliks heraansoek doen.

Rekeninge vir 2024 moet op datum betaal wees voordat leerlinge vir 2025 herregistreer kan word.

Die eerste paaiement is betaalbaar wanneer die skool in Januariemaand heropen. Studiegeld moet voor die 7de van elke opeenvolgende maand vereffen word. Indien u nie ‘n ebietorder gereël het nie, moet u ‘n elektroniese betaling of ‘n direkte deposito by die bank maak. Geen kontant word by die skool aanvaar nie. Gebruik asseblief die korrekte verwysings met inbetalings en oorplasings.

Studie- en middagsorggelde is betaalbaar in elf gelyke paaiemente vanaf Januarie tot November. Geen uitstel word op agterstallige rekeninge gegee nie.
Indien ‘n rekening meer as 60 dae uitstaande is, sal die leerling ongelukkig middagstudie moet staak.

STUDIEGELDE/MIDDAGSORGGELDE VIR 2025

GRAADPER MAANDPER JAAR
Gr R-7R 700R7 700
WelpiesR 700R7 700

LET WEL:    DEBIETORDERS WORD OOR 11 MAANDE GEHEF, VANAF JANUARIE TO NOVEMBER OP DIE 1STE OF DIE 15DE VAN ELKE MAAND.

VOORUITBETALINGS 

Indien die hele jaar se studiegeld voor of op 28 Februarie 2024 ten volle vereffen is, word 5% korting toegestaan. Neem kennis van die onderstaande bedrae met korting.

GRAADPER MAANDBEDRAG NA 5% KORTING
Gr R-7R7 7000R7 315
WelpiesR7 7000R7 315

BANKBESONDERHEDE VIR INTERNETBETALINGS OF DIREKTE DEPOSITO’S

REKENINGNAAM : FICHIE KLUB 300 TRUST
ABSA TJEKREKENING: 40 7854 4256
TAKKODE : 632005
VERW NR : Rekeningnommer (of kontak Vicki Heins)

Geen vrystelling word op studiegelde toegestaan nie.

2 VAKANSIEGELD 2024 VAKANSIESORGGELDE VIR 2024

Fichies bied vakansiesorg aan vir kwartaal 1, 2 en 3.

  1. Middagstudiegelde moet op datum betaal wees.
  2. Vakansiefooi (R100 per leerling per dag) is vooruitbetaalbaar voor die vakansie.
  3. Tye: 07:00 tot 17:30

BANKBESONDERHEDE VIR INTERNETBETALINGS OF DIREKTE DEPOSITO’S

REKENINGNAAM : FICHIE KLUB 300 TRUST
ABSA TJEKREKENING : 407 8544 256
TAKKODE : 632005
VERW NR : Vakansiesorg / kind se naam