Studiesentrum

Die studiesentrum en middagsorg is vanaf Januarie 2012 deur die FICHIE KLUB 300 TRUST oorgeneem.

Leerlinge wat die komende jaar van die studiesentrum se dienste wil gebruik maak, moet jaarliks heraansoek doen.

Rekeninge vir 2025 moet op datum betaal wees voordat leerlinge vir 2026 geher- registreer kan word.

Die eerste paaiement is betaalbaar wanneer die skool in Januariemaand heropen. Studiegeld moet voor die 7de van elke opeenvolgende maand vereffen word. Indien u nie ‘n debietorder gereël het nie, moet u ‘n elektroniese betaling of ‘n direkte deposito by die bank maak. Geen kontant word by die skool aanvaar nie. Gebruik asseblief die korrekte verwysings
met inbetalings en oorplasings.

Studie- en middagsorggelde is betaalbaar in elf gelyke paaiemente vanaf Januarie tot November. Geen uitstel word op agterstallige rekeninge gegee nie. Indien ‘n rekening meer as 60 dae uitstaande is, sal die leerling ongelukkig middagstudie moet staak.

STUDIEGELDE/MIDDAGSORGGELDE VIR 2026

GRAAD

PER MAAND

PER JAAR

Graad R-7

R 825

R 9 075

Welpies

R 825

R 9 075

LET WEL: DEBIETORDERS WORD OOR 11 MAANDE GEHEF, VANAF JANUARIE TOT NOVEMBER OP DIE 1STE OF DIE 15DE VAN ELKE MAAND.

VOORUITBETALINGS 

Indien die hele jaar se studiegeld voor of op 28 Februarie 2026 ten volle vereffen is, word 5% korting toegestaan. Neem kennis van die onderstaande bedrae na korting.

GRAAD

PER JAAR

BEDRAG NA 5% KORTING

Graad R-7

R 9 075

R 8 621

Welpies

R 9 075

R 8 621

BANKBESONDERHEDE VIR INTERNETBETALINGS OF DIREKTE DEPOSITO’S

REKENINGNAAM : FICHIE KLUB 300 TRUST
ABSA TJEKREKENING: 407 854 4256
TAKKODE : 632005
VERW NR : Rekeningnommer (of kontak Madelein Herbst)

Geen vrystelling word op studiegelde toegestaan nie.