Graad R middagstudie reëls
MIDDAGSTUDIE REËLS EN INLIGTING
Middagsorg by Fichie Welpies word bestuur deur die Fichie Trust. Kleuters doen jaarliks opnuut aansoek vir middagsorg. Middagsorggelde word inbetaal in die rekening van die Fichie Trust.
Middagsorg tree in werking om 13.00 elke dag en duur tot 17:15. Spesiale vergunning word op versoek gegee aan kleuters wat vyf minute later afgehaal word.
Geen opvoedkundige program word tydens middagversorging gevolg nie. Die kleuters speel onder die toesig van die Middagsorgpersoneel.
Middagkos.
- Geen kos word deur die skool voorsien nie.
- Middagkos moet in ‘n aparte kosblik gesit word.
- Die kosblik moet met die kleuter se naam gemerk wees.
- Middagkos moet elke oggend binne die betrokke klas se krat geplaas word by die voorhek, dit sluit ook die koeldrank en lekkers in.
- Die kosblik kan in ‘n koelsakkie geplaas word indien u dit so verkies.
- Die kosblik, koeldrank en lekkers word in die yskas gehou tot en met middagete.
- Slegs koue middagsorgkos is toelaatbaar. Geen kos sal warm gemaak word in die Covid tydperk nie.
- Jogurt moet ook gemerk word met die kleuter se naam.
Middag koeldrank.
- Koeldrank of sap moet in ‘n toeskroefbottel saamgestuur word.
- Die bottel moet net genoeg koeldrank bevat vir die kleuter om na ete te drink.
- Dit is belangrik dat die bottel met die kleuter se naam gemerk moet wees.
- Middag lekkers.
- Kleuters bring een klein lekkertjie wat hulle eet wanneer hulle opstaan na die rustyd.
- Dit is belangrik dat die lekkers nie te veel of te groot is nie.
- Dit moet in ‘n aparte plastiek/papiersakkie of bakkie geplaas word met die kleuter se naam op.
Eetgerei.
- Die kleuters eet hulle middagkos uit hulle kosblikkies.
- Pak asseblief vir ‘n kleuter ‘n lepeltjie in vir jogurt indien nodig.
Rustyd.
- Rustyd is ‘n verpligte deel van die middag.
- U kleuter hoef nie te slaap nie, maar almal moet rustig raak.
- Na ete gaan lê hulle op hul eie gemerkte matrasse (Die matrasse word deur die skool voorsien).
- Tussen 14:30 en 15:00 laat ons dan al die kleuters opstaan.
- Ons kan ongelukkig nie toelaat dat sommige kleuters boekies lees of met iets speel nie, terwyl die res moet lê nie. Kleuters mag ook nie regop sit gedurende rustyd nie.
- Elke kleuter moet hul eie klein kombersie saambring skool toe. Die kombers moet die lyfie net lekker toe maak. Merk asseblief die kombers en plaas dit in ‘n winkelsak met u kind se naam op. Die kombers bly in die kleuter se rakkie.
Ongereelde Middagsorg.
- Kleuters wat net af en toe van Middagsorg gebruik maak, betaal R40 per middag.
- Reël asseblief vooraf, dit kan slegs geskied indien daar plek beskikbaar is.
Afhaal van kleuters.
- ‘n Volwassene moet die kleuter kom haal na afloop van die middagsorg.
- Indien die ouer iemand onbekend stuur om die kleuter te kom haal, moet dit vooraf met die skool gereël word.
- Ouer boeties of sussies mag nie die kleuters kom haal terwyl die ouers buite in ‘n voertuig sit en wag nie. Ouers moet asseblief self die kleuters kom afhaal.
- Ons vra asseblief u samewerking met die afhaal van die kleuters om 17:15. Ons het wel begrip vir onvoorsiene omstandighede wat veroorsaak dat ouers soms ‘n bietjie laat is. Die personeel kan egter nie later as 17:30 op die perseel wag nie.
Videos.
- Laatmiddag, wanneer daar minder kleuters is, word die kleuters ingeroep om ‘n video te kyk.
- Tydens slegte weer, word videos ook vertoon.
- Die skool het gepaste kleuter videos.
- Wanneer kleuters videos van die huis af bring, sal die middagpersoneel eers seker maak of dit ‘n geskikte video is. Geweld en onaanvaarbare fantasie soos byvoorbeeld Harry Potter is nie geskik vir ons kleuters nie.
Skool sluit.
Op die dag wat die skool vir ‘n skoolvakansie sluit, is daar steeds middagsorg soos gewoonlik. Slegs geregistreerde middagsorgkleuters mag egter dan van middagsorg gebruik maak. Wanneer die skool vir die Desember vakansie sluit, is daar geen middagsorg nie.
Uitstappies.
Wanneer kleuters op ‘n uitstappie gaan, stuur die ouers piekniekkos vir die oggend. Middagkleuters moet dan nog steeds kos saambring vir die middag.
Ons vertrou dat u baie gelukkig sal wees met die middagversorging van u kleuter. Wees verseker dat u kleuter in die hande van bekwame personeel sal wees.
Laai af hier