Die skool het sy naam te danke aan die woonbuurt, Fichardtpark, waar dit ook geleë is. Die naam Fichardt is weer afkomstig van die bekende Fichardtfamilie. Die woonbuurt is gebou op die plaas, Brandkop wat aan die Fichardtfamilie behoort het. Waar die skool tans geleë is, was ‘n oop stuk veld waar wild en vee gewei het. ‘n Klompie jare gelede was Fichardtpark ‘n plaas wat ‘n ent buite Bloemfontein geleë was.
Die skool is op 18 Januarie 1977 geopen met 171 leerders van graad 1 tot graad 3. Mevrou Retha Wolvaardt was aangewys as die eerste waarnemende skoolhoof, saammet ses ander personeellede. Die skoolgebou was nog in aabou toe hulle die eerste dag geopen het.
Hulle was as volg:
Graad 1: Olivia Nel en Elmine de Wet
Graad 2: Mart-Susan Viljoen en Lenette de Wet (tans nog in diens)
Graad 3: Cecilia Nel en Bossie Breedt
Die eerste factotum was Mnr. Marx en Prof. (toe nog Dr.) Johan Hugo was die eerste voorsitter van die skoolraad.
Op 11 Februarie 1977 is die eerste atletiekbyeenkoms gehou op ‘n grondbaan. Die atletiekoefeninge en tennis is in die middae na skool by Bobbiespark aangebied. Die kinders en afrigters het in ‘n massa af beweeg en weer teruggestap. Die juffrouens, met behulp van die pa’s, het rugby, netbal, krieket en atletiek afgerig. Op 19 April 1977 is die eerste basaar gehou en lewer ‘n wins van R1300 op. Die Voortrekkerkommando en ‘n Ouer-Onderwyservereniging is ook in hierdie tyd gestig. Volwaardige oueraande, ‘n konsert en ‘n prysuitdeling is gehou.
Die skool is op 19 Oktober 1979 deur mnr. J.A. Meiring, Direkteur van Onderwys, geopen.
Gedurende die eerste stigtingsjaar, het die leerders met gewone klere skoolgegaan. Eers vanaf die tweede skooljaar is die nuwe skooldrag aangeskaf. Aanvanklik was die skool se kleure olyfgroen, goud en bruin. Dit het in 1991 verander na die blou skooldrag, aangesien die verskaffers gesukkel het om die ou skooldrag te voorsien.
SKOOLHOOFDE
Skoolhoofde
Mev. M. Wolvaardt
Mnr. M.D. Maree
Mnr. W. Spies
Mnr. J.M. du Preez
Mnr. LM Kriel
Tydperk
1977
1978 tot 1986
1987 tot 1999
2000 – 2015
2015 – hede
Hoogtepunte
Eerste personeel, eerste atletiekbyeenkoms en eerste kermis
Totstandkoming van die sportfasiliteite en die aankoop van busse
Totstandkoming van die studiesentrum en die Graad R-afdeling
Omheining van die skool, oprigting van pawiljoen en sportablusiegeriewe. Totstandkoming van rekenaarsentrum en multi-mediasentrum.
Die skoolwapen is afkomstig van die Fichardts se familiewapen. Die leeukop stel krag en moed voor. Die boek stel kennis en die Woord van God voor. Die twee kanonballe stel stryd en oorwinning voor. Die embleem met die skoolwapen is deur dr. Barry Fichardt onthul.
Die skool se leuse is met behulp van ‘n kompetisie aan die ouers vasgestel: “Volhard en Oorwin”