Fichie Vriende

Die gemeenskap van die skool het ‘n direkte inpak op die beeld van die skool, so ook het die skool ‘n inpak op die beeld van die gemeenskap. Om die rede is die gemeenskap ‘n vriend van die skool en saam bou hulle ‘n beelde wat na die res van die publiek uitgestraal word.

Oud leerders, ouers, onderwysers en lede van die omringende gemeenskap is Fichie vriende en sal altyd vriende bly. Daar sal altyd gestreef word om mekaar te help en daardeur die bande verbeter tussen mekaar.
As gevolg van die positiewe betrokkenheid van die ouergemeenskap is daar ‘n ondersteuners klub gestig wat van krag tot krag strek en ons hoop om dit nog vir jare daarop voort te bou. Naweke en vakansies kom gesinne bymekaar en speel “touch rugby” of geniet die sport geriewe.

Ondersteuning by sport dae, asook die jaarlikse kermis is ‘n goeie toonbeeld van vriende wat die skool ondersteun. Kermis word hoofsaaklik gedryf deur die ouer kommittees van elke graad wat ook ‘n lekker plattelandse atmosfeer skep. As gevolg van die rustige omgewing waarin die skool geleë is geniet ‘n groot aantal leerders en ouers die strate van die buurt tydens die jaarlikse lenteloop.

Die vlamme brand jaarliks hoog tydens ons massabraai waar ‘n groot getal gesinne kom saam braai en kuier. Almal is welkom om dit saam die onderwysers te geniet en te ontmoet.

Dankie aan ons Borge!