Fichies is die verkorte naam vir Fichardtpark Primêre Skool. Ons bestaan uit drie onder-afdelings, naamlik die Fichie Welpies, vir 3 tot 5 jarige kleuters, die graad R-afdeling, asook die graad 1 tot 7-afdeling. Ons bied ook Middagstudie en Vakansiesorg om werkende ouers met hul kinders te ondersteun. Fichies is in die suide van Bloemfontein gelee – dit is ‘n baie rustige, veilige en kindervriendelike omgewing.