KONTAK ONS VANDAG: +27 51 522 8166 bemarking@fichies.co.za
Die deelname aan skoolsport in primêr opvoedkundig van aard.
Om deelname aan te moedig en om leerders toe te rus met sportsmanskap, selfdissipline, selfbeheersing en deursettingsvermoë.
Ouers en toeskouers word versoek om nie op die veld te gaan wanneer ‘n speler ‘n besering opdoen nie. Indien die afrigter/bestuurder of noodhulppersoneel dit nodig ag, sal die betrokke ouers nader geroep word.
U word versoek om nie in te meng met die afrigter se spankeuse nie. Wenke wat met die regte gesindheid gedoen word, kan wel aan afrigters op die regte tydstip oorgedra word.
Ouers en ondersteuners kan enige navrae of probleme met die sporthoof/skoolhoof. Probleme kan ook met die betrokke persoon bespreek word, maar nie langs die veld nie. Ernstige klagtes kan ook met die beheerliggaam (sport) opgeneem word.
Ons versoek dat by die gedragskode gehou moet word sodat spelers en toeskouers hul sport kan geniet.
Om ’n dinamiese gebalanseerde Afrikaanse skool te wees, met ’n waardegedrewe grondslag wat voortreflike onderrig bied om elke kind in totaliteit te ontwikkel.
Graad 1 – 2: 7h30 -13h00 (Ma. – Vr.)
Graad 3: 7h30 -13h15 (Ma. – Do.) 7h30 – 13h00 (Vr.)
Graad 4 – 7: 7h30 -13h30 (Ma. – Vr.)
Designed & Developed by NovelVite