Fichie-Klerewinkel

Klerwinkel is gerief en flinke dienslewering

Tania Koetzee is die klerewinkelbestuurder en hanteer alle aankope en verkope. Die somer- sowel as die wintersklere, is deurlopend vir aankope beskikbaar. Moeite word gedoen met die verpligte graad 1-pakket om te verseker dat die ouers die beste waarde vir hul geld kry. Dié pakket is binnekort op Karri te koop en kan ook direk by die klerewinkel aangekoop word.

Die voornemende graad R-leerlinge vir volgende jaar se skoolklere, wat deel uitmaak van hul pakketgeld, is reeds beskikbaar en van die ouers het dit reeds in ontvangs geneem. Die klerewinkel beskik ook oor ‘n tweedehandse-afdeling met voorraad wat vooraf uitgesorteer word om te verseker dat hierdie klere steeds die goeie beeld van die skool uitdra. Die leuse van die Klerwinkel is gerief en flinke dienslewering, teen bekostigbare pryse.