Fichies beskik oor die dienste van ’n gekwalifiseerde arbeidsterapeut, naamlik Monique de Beer. Die doel van hierdie pos is om Fichie-leerlinge, hoofsaaklik graad R-leerlinge, te ondersteun deur ontwikkelings- en leerhindernisse aan te spreek sodat hulle hul volle po-tensiaal kan bereik. Die ondersteuning dra ook by tot die akademiese vordering van die leerlinge. Daar is in 2026, tot op hede, 35 leerlinge deur die diens gehelp, waarvan sommige leerlinge steeds terapie en/of ondersteuning ontvang.
Daar vind weeklikse sessies van ongeveer 30 minute plaas, soos dit by die skoolprogram inpas. Verskeie leerlinge word ook met tuisprogramme, sowel as klaskamerstrategieë ondersteun. Leerlinge wat die vereiste mylpale bereik het, word uitgeskakel sodat nuwe leerlinge ondersteun kan word.


