Multimediasentrum

Die Multimediasentrum spog met 38 rekenaars. Die Cami Taal- en Wiskundeprogram word weekliks deur ongeveer 550 graad 4- tot 7-leerlinge gebruik. Die program dra by tot die vas-legging van wiskundige sowel as taalkundige konsepte en bevorder die akademiese ver-moëns van leerlinge. Dit word aangewend vir didaktiese hulp met taal- en wiskunde-vaardighede. ‘n Cami-perseptueleprogram is op die rekenaars geïnstalleer. Dié program dra by tot leerlinge se perseptuele ontwikkeling en word as didaktiese hulpmiddel vir taal-vaardigheidsontwikkeling aangewend.