Fichardtpark Primêre Skool bied rugby aan.
Meer inligting is beskikbaar in die Fichardtpark Primêre Skool dagboekie
Die rugbyseisoen het reeds verlede jaar begin. Die o/13-rugbyseuns het fiksheidstoetse by Hennie Botha en Lambert Rautenbach ondergaan. Elke speler het ‘n oefenprogram ontvang wat hul moes gebruik om hul fiksheid gedurende die Desembervakansie op standaard te kry.
Mnr. Kriel en Herman Claassen was vroeg uit die blokke met die o/7-spanne om hulle reg te kry vir die eerste wedstryde. Gedurende Februariemaand is proewe gespeel (o/ 9, o/11 en o/13) waar die jongmanne harde gespeel het om ‘n plek in die span te kry.

Die rugbyseisoen het reeds die vorige jaar afgeskop en die o. 13-rugbyseuns het fiksheidstoetse by Marco Oosthuizen en Lambert Rautenbach ondergaan. Elke speler het ‘n oefenprogram ontvang om hul fiksheid gedurende die Desembervakansie op ‘n hoë vlak te kry. Gedurende Februariemaand het o. 9-, o. 11- en o. 13-spanne proewe gespeel en die spelers was ywerig om ‘n plek in die onderskeie spanne te kry.
Die eerste span het die naweek van 14 en 15 Februarie aan ‘n rugbytoernooi te Jacobsdal deelgeneem en drie van die vier wedstryde gewen. Die afrigters het die toernooi gebruik om hul finale span, van twintig spelers, saam te stel. Na afloop van dié toernooi was die o. 11- en o. 13-spelers slaggereed vir die aandliga wat jaarliks deur Willem Postma aangebied word. Die spanne het hul goed van hul taak gekwyt en dié toernooi het aan die afrigters ‘n geleentheid gebied om aan die spanne te skaaf, alvorens die liga afskop.
Die o. 11- en o. 13B-rugbyspanne het op 26 tot 28 Maart aan die Laerskool Bloemfontein-toernooi deelgeneem. Die eerste span het ‘n toer na Margate onderneem en die geleentheid gekry om op verskeie uitstappies te gaan. Die span was ook op televisie toe hulle ‘n URC- wedstryd op die Sharktank gaan kyk het.
Fichies se o. 7-rugbytoernooi het plaasgevind en was, soos in die verlede, ‘n reuse sukses met drie van Fichies se o. 7-spanne wat deelgeneem het. Elke span het goed presteer en Fichies se naam hoog gehou.
Die Wesgrowrugbytoernooi is vir die tweede jaar aangebied en vyf wedstryde is gespeel, met teenstanders Jordania, Truida Kestell, Trio, Willem Postma en Tjokkies. Drie van ons rugbyspanne, die o. 11A, o. 13C en o. 13A wen hul onderskeie afdelings.
Fichies speel agtien ligawedstryde en die spanne, tesame met hul afrigters, het hard gewerk. Die begroting is goed bestuur en in die nuwe rugbyseisoen sal vir addisionele afrigters begroot word.
Fichies se 7’s-rugbyspanne het tydens die o. 7’s-rugbyseisoen goed presteer en ongeveer 45 seuns het deelgeneem.
Ons o. 11-, o. 12- en o. 13-spanne speel in die finaal van die toernooi en verower in al drie ouderdomsgroepe ‘n silwer medalje.
Die o. 13 7’s neem vir die eerste keer aan twee aparte 7’s-toernooie deel. Hulle wen Truida Kestell se 7’s toernooi. Hulle onderneem ook ‘n toer na Jeffreysbaai, waartydens hul aan Nico Malan se o. 13 7’s toernooi deelgeneem het. Die o. 13-span behaal ‘n derde plek.
Die o. 12A 7’s-span het ‘n toer na Durban onderneem en vyfde uit elf spanne geëindig.
Die volgende spelers is in die onderskeie Vrystaatspanne ingesluit:
-
o. 12B: Ayden Groenewald, Diân Pretorius, Divan Kleyn Tommie Wessels en
Wihan van Tol
-
o. 13C: CJ Jacobs, Jandré Scholtz en Lian Husselmann
-
o. 13B: Jonathan Davisworth en Nicolaas Vermeulen
-
o. 13A: Delmar Fick en Dillon Stephens
Suid-Vrystaatspan
-
CJ Jacobs
-
Damian van Tonder
-
Fredrich Grobbelaar
Vrystaat 7’s-spanne
-
o. 12B: Tommie Wessels, Wihan van Tol, Zian Janse van Rensburg
-
o. 12A: Ayden Groenewald
-
o. 13A: Delmar Fick, Dillon Stephens en Nicolaas Vermeulen
Suid-Vrystaat o. 14 7’s-span
-
Jandré Scholtz
-
Lambert Rautenbach is as afrigter van die o. 12B-Vrystaatspan gekies, asook die o. 13A 7’s- spanbestuurder.
-
Wian Pienaar is gekies as die o. 12B-spanbestuurder van die Vrystaatrugby.
-
Marco Oosthuizen is gekies as die sameroeper van die o. 12 Vrystaatspanne.
-
Wilhelm Bester was ‘n skeidsregter by die o.12- en o.13-Cheetah- en Millenniumtoernooie.
Baie dankie aan al die afrigters vir hulle harde werk. Die rugbyoefening vir die komende jaar se eerste span, skop reeds in Novembermaand af en al die spanne sal hard moet oefen ter voorbereiding, aangesien deelname aan die Wesgrowliga uitdagend sal wees.


