Skaak

Fichardtpark Primêre Skool bied skaak aan.
Meer inligting is beskikbaar in die Fichardtpark Primêre Skool dagboekie

“Maak jou skuif” en speel skaak, want leerders wat daaraan deelneem toon ‘n verbetering in konsentrasievermoë en kreatiewe probleemoplossing. Skaak bevorder logiese redenering en is ‘n toets van geduld, senuwees, breinkrag en konsentrasie. Skaak is ‘n interessante spel tussen twee persone wat holistiese ontwikkeling meebring en waardes soos respek en eerlikheid bevorder.

Skaak vind by Fichies tweeweekliks plaas en beginners leer skaakvaardighede en ‘n liefde vir die spel aan. Na afloop van die leerders se skaakaktiwiteite meet ouers kragte en geniet ‘n spel skaak, terwyl die gevorderde spanne leerders ook hulle skaakvaardighede inspan.

Fichies Skaak

Skaak verbeter spelers, wat gereeld speel, se konsentrasie, analitiese- en strategiese denkvermoëns. Skaakoefening vind op Dinsdae plaas. Die beginnerspelers leer van 13:45 tot 14:30 skaakvaardighede aan en die meer ervare spelers oefen vanaf 14:30 tot 15:30. ‘n Junior-, sowel as ‘n seniorspan is in die liga ingeskryf. Die spelers het dit baie geniet om teen ander skole kragte te meet. Die juniorspan het in die tweede plek in hul liga geëindig, terwyl die seniorspan derde geëindig het. Die volgende spelers was bordwenners en het al hul wedstryde gewen:

  • Arno van den Bergh

  • Christopher Lombaard

  • Lehan Oosthuizen

  • Simon van Tol

  • Xander Strauss

  • Zanro Crous

  • Xander Strauss is ook gekies vir die Vrystaat o. 12-skaakspan.

Gedurende die derde kwartaal het twee spanne aan ‘n blitsskaaktoernooi deelgeneem en die spelers het dit baie geniet.