Fichardtpark Primêre Skool bied atletiek aan.
Meer inligting is beskikbaar in die Fichardtpark Primêre Skool dagboekie
Fichie Kleuratletiekbyeenkoms
Donderdag – Velditems
Die byeenkoms het op 23 en 24 Januarie op die skool se bane plaasgevind. Donderdag-middag se velditems het goed afgeloop. Gedurende die byeenkoms is drie rekords verbeter. Danie Pienaar en sy personeel het gesorg vir ‘n baie netjiese atletiekbaan, wat uitstekend gemerk was. Die byeenkoms was ‘n reuse sukses.

Vrydag- Baanitems
Die byeenkoms het op twee velde plaasgevind, die o. 7- tot o. 9-atlete het op die baan by die B-rugbyveld en o. 10 tot o. 13 het op die atletiekbaan deelgeneem. Ouers, sowel as die atlete, het dié byeenkoms baie geniet. Die Vrydag is daar vyf rekords verbeter en ‘n atletiekspan van 73 atlete is gekies om aan die Sone-byeenkoms deel te neem.
SONE C-BYEENKOMS
Die Sone C-byeenkoms het op 6 Februarie by die Mangaung atletiekstadion plaasgevind. Drie-en-sewentig atlete is ingeskryf vir die byeenkoms en sewe-en-vyftig plekke van 1 tot 8 is behaal. Die atlete het die volgende plekke behaal:
• Eerste plekke: 24
• Tweede plekke: 11
• Derde plekke: 13
Die atlete het hulle baie goed van hul taak gekwyt en sewe-en-vyftig atlete het gekwalifiseer om aan die Suid-Vrystaat atletiekbyeenkoms deel te neem. Baie geluk aan al die atlete wat deelgeneem het.
EERSTE PLEK | ITEM | TWEEDE PLEK | ITEM | DERDE PLEK | ITEM |
Rouxlé van Eeden | 60 m | Jana Deacon | 70 mH | Lené Wessels | Verspring |
Mikayla Luyt | 80 m, Verspring, 70 mH, 100 m | Lianke Crause | Gewigstoot | Karla Vos | Gewigstoot |
Annieke Oosthuizen | 70 mH | Jo-Anne van Rooyen | Verspring, 75 mH, 200 mH | Annieke Oosthuizen | 80 m |
Lianke Crause | Diskus | Anebelle Traut | Spiesgooi | Lienke Gerber | Hoogspring |
Ané Hoffman | Spiesgooi | Theo Hellawell | Gewigstoot | Ané Hoffman | Diskus |
La-Rochelle du Plessis | 1 200 m | David Kriel | 70 mH | Janay le Roux | 75 mH |
Wianey Geyer | Hoogspring | Jandré Vermeulen | 70 mH | La-Rochelle du Plessis | 150 mH |
Zilke Eckard | Spiesgooi | Wihan de Jonge | Gewigstoot | Verné Britz | 800 m |
Anebelle Traut | Gewigstoot, Diskus | Rayden Carelzen | Spiesgooi | Ilze Heyl | 100 m |
Mason Mogaecho | 60 m | Joshua van der Westhuizen | 70 mH | ||
Jandré Vermeulen | Verspring, 100 m | Wian Olivier | Gewigstoot | ||
Jaden Taljaard | 70 mH | Johan Labuschagne | 70 mH | ||
Wihan de Jonge | Diskus | Wihan van Tol | Hoogspring | ||
Stian Strauss | Spiesgooi | ||||
Wian Visser | 150 m, 75 mH, 150 mH, 100 m | ||||
Delmar Fick | Gewigstoot |
PLEKKE BEHAAL | AANTAL ATLETE |
1 | 14 |
2 | 7 |
3 | 8 |
4 | 9 |
5 | 10 |
6 | 4 |
FICHIE PRESTIGE ATLETIEKBYEENKOMS
Die immergewilde Fichie Prestige Atletiekbyeenkoms sou op 21 Februarie by die Mangaung Atletiekstadion plaasvind, maar het ongelukkig uitgereën.
MANGAUNG METROPOLITAN EDUCATION DISTRIK-ATLETIEKBYEENKOMS
Dit was ‘n suksesvolle Suid-Vrystaat atletiekbyeenkoms en ses-en-dertig atlete is deur na die Vrystaatbyeenkoms wat op 8 Maart in Bloemfontein plaasgevind het. Die uitslae was soos volg:
EERSTE PLEK | ITEM | TWEEDE PLEK | ITEM | DERDE PLEK | ITEM |
Mikayla Luyt | 70 mH | Mikayla Luyt | Verspring | Lené Wessels | Hoogspring |
Ané Hoffman | Spiesgooi | Jo-Anne van Rooyen | Verspring | Lienke Gerber | Hoogspring |
Wianey Geyer | Hoogspring | RW van der Walt | Gewigstoot | Jo-Anne van Rooyen | 200 mH |
Anebelle Traut | Gewigstoot | David Kriel | 70 mH | Anebelle Traut | Diskus |
Jandré Vermeulen | 70 mH, Verspring, 100m | Jaden Taljaard | 70 mH, Verspring | Ilze Heyl | 100 m |
Wihan van Tol | Hoogspring | Stian Strauss | Spiesgooi | Joshua van der Westhuizen | 70 mH |
Wian Visser | 150 m, 150 mH, 75 mh | Jaden Taljaard | 100 m | ||
Delmar Fick | Gewigstoot | Wihan de Jonge | Gewigstoot | ||
Nicolaas Vermeulen | 80 mH, 200 mH |
Fichardtpark se atlete het die volgende plekke op die top 10-prestasielys behaal:
• Seuns 10: Tweede plek
• Seuns 11: Eerste plek en verower ‘n pragtige skild
• Seuns 12: Eerste plek en verower ‘n pragtige skild
• Top 10 seuns: Eerste plek en verower ‘n pragtige skild
• Top 10 dogters: Vierde plek
• Beste dogter baanatleet: Mikayla Luyt
• Beste seun baanatleet: Jandré Vermeulen
• Beste dogter veldatleet: Anebelle Traut
• Delmar Fick: Agste plek, seuns o. 12, diskusgooi
• Nicolaas Vermeulen het vierde in die seuns o. 12, 75 m hekkies uitdunne geëindig
VRYSTAAT ATLETIEKBYEENKOMS
Ses-en-dertig atlete het aan die Vrystaat atletiekbyeenkoms deelgeneem en hul goed van hul taak gekwyt. Ons atlete het die volgende plekke op die top 10-prestasielys behaal:
• Seuns 11: Eerste plek en verower ‘n pragtige skild.
• Top 5 seuns: Tweede plek
Die volgende atlete is vir die Vrystaatspan wat in Bloemfontein deelgeneem het, gekies:
• Anebelle Traut
• Delmar Fick
• Jaden Taljaard
• Jandré Vermeulen
• Nicolaas Vermeulen
• Mikayla Luyt
• Wian Visser
• Wianey Geyer
• Wihan van Tol
Hierdie atlete het op 21 en 22 Maart aan die SA-kampioenskappe te Germiston deelgeneem en hul goed van hul taak gekwyt. Die atlete se prestasies gedurende die SA- Kampioen-skappe was soos volg:
• Mikayla Luyt – Brons medalje (3de plek) in 70 m hekkies vir dogters o. 10
• Anebelle Traut – 17de plek in gewigstoot vir dogters o . 13; 8ste plek vir diskus
• Wianey Geyer – 14de plek in hoogspring vir dogters o. 13
• Jandré Vermeulen – 11de plek in 70 m hekkies vir seuns o. 11; 13de plek in verspring
• Nicolaas Vermeulen – 18de plek in 200 m hekkies vir seuns o. 13
• Jaden Taljaard – 14de plek in 70 m hekkies vir seuns o. 11
• Wian Visser – 11de plek in 150 m hekkies vir seuns o. 12
• Wihan van Tol – 14de plek in spiesgooi vir seuns o. 12
Melisha Botha het die Vrystaatspan as afrigter vergesel. Baie geluk aan al die atlete wat presteer het. Alle eer aan ons Hemelse Vader wat die atlete met soveel talent geseën het.


