Hokkie

Fichardtpark Primêre Skool bied hokkie aan.
Meer inligting is beskikbaar in die Fichardtpark Primêre Skool dagboekie

Hokkie is reeds baie jare gelede by Fichardtpark Primêre Skool gevestig . Ligawedstryde vind in die derde kwartaal plaas. Daar is ongeveer 430 leerders wat aan hokkie deelneem. Daar vind ook hokkie toernooie plaas wat ons spelers baie geniet. Hokkie Somerskool vind ook gewoonlik in die eerste en vierde kwartale plaas om spelers se vaardighede te verbeter. As gevolg van die slegte toestand van die velde, het dit ongelukkig nie verlede jaar plaasgevind nie. As die velde genoegsaam herstel het sal dit weer aangebied word.

Ons maak gebruik van ongeveer 20 studente om af te rig by die skool. Van ons personeel dien ook op die Suid Vrystaat Primêre Skool se Hokkie vereniging. Van ons spelers word ook jaarliks gekies vir Suid Vrystaat Hokkiespanne. Die Mini Hokkie Kursus vir Primêre Skole word ook deur ons skool aangebied. n Kursus vir afrigters van ontwikkelende skole is ook deur ons skool aangebied.

Fichies Hokkie

Tydens die derde kwartaal, het oefensessies, ligawedstryde en toernooie plaasgevind. Twee-en-veertig Fichiespanne het aan die ligawedstryde deelgeneem. Die o. 10 tot o. 13 A-spanne het Juniemaand aan die Rising Stars-toernooi deelgeneem en effektiewe voor-bereidingsoefening opgedoen vir die liga. Saterdae se deelname aan toernooie was ook waardevol vir die spelers. Agt-en-twintig hokkieafrigters was vanjaar betrokke, veertien Fichie-onderwysers en veertien buite-afrigters. Alle ouderdomsgroepe het die geleentheid ontvang om te oefen en ‘n woord van dank aan al die afrigters wat geen moeite ontsien het om spelers se vaardighede op te skerp nie.

Die o. 13-dogters het aan ‘n toernooi in Kroonstad deelgeneem en hulle goed van hul taak gekwyt. Die o. 12-dogters het ‘n tweede plek in die liga behaal en die o. 13-dogters het ‘n vierde plek behaal. Twee spelers is in die Suid-Vrystaatspan ingesluit, naamlik Elmi Spies en Divan Kleyn. Die volgende spelers is gekies vir die Suid-Vrystaatoefengroep vir die komende jaar en ons is baie trots op hierdie spelers:

  • Dogters o. 11 Jana Deacon, Mia Saaiman,

  • Seuns o. 11 Kian Steyn, Wietzie van Zyl

  • Dogters o. 12 Ané Hoffman, Elmi Spies, Inca Brand, Kara de Villiers, Minke Kruger, Tsatsi Feni-Botes

  • Seuns o. 12 Ayden Groenewald, Divan Kleyn, Tommie Wessels