Landloop

Fichardtpark Primêre Skool bied landloop aan.
Meer inligting is beskikbaar in die Fichardtpark Primêre Skool dagboekie

Voor elke Vrydag se Landloop-ligabyeenkomste wag hordes opgewonde Fichies, geklee in hul kenmerkende blou atletiekdrag, by die wegspringstreep van die Universiteit van die Vrystaat, vir die skoot om te klap.

Tydens elke byeenkoms leer hul nie net van uithou, volharding en waartoe hul liggame instaat is nie, maar kan hulle ook een van hul belangrike Fichie-waardes, nl. Omgee, uitleef.   Hulle kan gebruikte tekkies aan minderbevoorregte atlete skenk.

Fichies Landloop

Gedurende die landloopseisoen het Fichies 45 geregistreerde landloopatlete gehad. Sewe ligabyeenkomste is aangebied en atlete het entoesiasties deelgeneem en goed presteer.

Dertien landlopers is gekies vir die interstreekbyeenkoms wat in Parys plaasgevind het. Hulle was, Clara Deacon, Elné Gründer, Grant Cloete, Janie Sander, Isabella Rossouw, La-Rochelle du Plessis, Lené Wessels, Mari Wessels, Mason Jordaan, Reuben du Plessis, Salma Jooste, Verné Britz en Zoey Gründer.

Die volgende atlete het gedurende die landloopseisoen aan al sewe ligabyeenkomste deelgeneem:

Chris Lotriet, Lisandro Lubbe, Henco Brand, Reuben du Plessis, Simon van Tol, Shaun du Plessis, Joshua Hanekom, Andrea Steyn, Lemae Booth, La-Rochelle du Plessis en Verné Britz.

Tydens die ligabyeenkomste het La-Rochelle du Plessis ‘n algehele tweede plek vir dogters o. 12, 3 km behaal en Mari Wessels het ‘n algehele derde plek vir dogters o. 8, 1 km behaal.

Fichies se o. 9-dogters het ‘n derde plek in die spankompetisie behaal. Die spanlede was Elné Gründer, Zoey Gründer en Janie Sander.

Die o. 13 dogters het ook ‘n derde plek in die spankompetisie behaal. Die spanlede was Verné Britz, Salma Jooste en Leah Pienaar.

Mason Jordaan het die Vrystaat tydens die Suid-Afrikaanse Landloopkampioenskappe wat op 6 September in Middelburg, Mpumalanga, plaasgevind het verteenwoordig. Hy het die 3 km in 10.55 min. afgelê en ‘n sewentiende plek vir seuns o. 12 behaal. Hy ontvang ook ‘n bronsmedalje as lid van die Vrystaatspan, wat ‘n derde plek in hierdie kategorie verower het.

Ons sien uit daarna om in die toekoms nog meer van hierdie jong, opkomende atlete te ontwikkel.

Tydens die landloopseisoen het Fichies 46 geregistreerde landloopatlete gehad.  Sewe ligabyeenkomste is gedurende die seisoen aangebied.  Ons atlete het entoesiasties deelge-neem en goed presteer.

Die volgende atlete het gedurende die landloopseisoen aan al sewe die ligabyeenkomste deelgeneem:  Rehard Britz, Zane Marais, Grant Cloete, Henco Brand, La-Rochelle du Plessis, Verné Britz, Michelle Cilliers en Megan Lee Jordaan.  Tydens die ligabyeenkomste het Mason Jordaan ‘n algehele eerste plek vir sy deelname aan die 2 km vir seuns o/10 behaal en La-Rochelle du Plessis het ‘n algehele eerste plek vir dogters o/10, 2 km behaal.  Mason en La-Rochelle is gekies vir die Vrystaatspan wat op 16 September in Gqeberha aan die Suid-Afrikaanse Landloopkampioenskappe deelgeneem het.  Daar het Mason ‘n vyfde plek behaal en ontvang ‘n goue medalje as lid van die Vrystaat o/10- seunspan wat die wenners van die spankompetisie was.

Tydens die derde kwartaal het ons ‘n landloopkliniek vir ons atlete aangebied.  Dit het tydens twee dae se oefeninge plaasgevind en is gelei deur René Odendaal, ‘n professionele afrigter van die Tempe Tekkies hardloopklub.  Dit was van groot waarde vir die atlete, sowel as die afrigters.  Ons het die landloopseisoen afgesluit met ‘n afsluitingspartytjie in die parkie, waartydens daar lekker geëet en gespeel is.  Ons sien uit daarna om in die toekoms nog vele van hierdie jong, opkomende atlete te ontwikkel.