Fichardtpark Primêre Skool bied tennis aan.
Meer inligting is beskikbaar in die Fichardtpark Primêre Skool dagboekie
Op die tennisfront is ons Fichies baie bedrywig.
Daar is tans drie groepe, elk met hulle eie afrigters. Groep 1 is die eerste- en tweedespanne (seuns en dogters) van die skool. Leerders van graad 4 tot 7 kan hiervoor kwalifiseer. Die tweede groep verteenwoordig die belowende jong spelers wat o/10 of 0/11 kan wees. Die beginners van die skool is dan groep 3. Hierdie spanne ontvang elkeen tweeweekliks ‘n uurlange oefensessie.

Die Mangaung Metro-tennisproewe het gedurende Januariemaand plaasgevind. Die spelers het in die derde kwartaal teen verskillende streke by die Koringaarbyeenkoms in Bethlehem en Bloemfontein deelgeneem. Die ligawedstryde het in die derde- en vierde kwartaal op Maandae en Woensdae plaasgevind. Die volgende spelers is in Mangaung Metrospanne ingesluit:
o. 10 dogters en seuns:
- Joshua Meeding
- Lené Wessels
- Mikayla Luyt
- Milea Bornman
- Simon van Tol
o.12 dogters en seuns:
- Lienke Gerber
- Tiaan Venter
o. 14 dogters en seuns:
- Emmerike van Niekerk
- Isabelle Ras
-
Janco van Rooyen
Die o. 14-spelers, seuns en dogters, het gedurende Augustusmaand aan die Cradock Laerskooltoernooi deelgeneem. Die dogters behaal ‘n algehele derde plek en die seuns ‘n negende plek. Ons het vier spanne na die Rising Starstoernooi gestuur en die o. 14-dogters het ‘n algehele derde plek behaal. Die mini-tennis het ook afgeskop met twee oefensessies per week.
Die volgende leerlinge het Vrystaatkleure verwerf:
-
Janco van Rooyen
-
Mikayla Luyt
-
Philip Vermeulen
Die o. 11 seuns- en dogterspanne het aan die Bloemfonteinse-skoleliga deelgeneem en waardevolle wedstrydondervinding opgedoen. Alhoewel die vierde kwartaal kort was, kon die dogters- en seunsspanne twee wedstryde voor die eksamen speel. Mangaungtennis het wel ligawedstryde in die eksamentyd voorgestel, maar ons het dit van die hand gewys. Chantél Stone het haar puik van haar taak gekwyt met die o.11-spanne.
Die o.14 seuns- en dogterspanne het aan die Bloemfonteinse skoleliga deelgeneem. Dit was ‘n uitdagende kwartaal as gevolg van botsings met Sewesrugby. Baie van die top- seunsspelers het nie al die wedstryde gespeel nie en het ook nie aan die Cradocktoernooi deelgeneem nie. ‘n Besondere woord van dank aan Elite-protennis wat moeite met die spelers gedoen het en ‘n noemenswaardige toename in die aantal spelers is bespeur.


