Fichardtpark Primêre Skool bied tennis aan.
Meer inligting is beskikbaar in die Fichardtpark Primêre Skool dagboekie
Op die tennisfront is ons Fichies baie bedrywig.
Daar is tans drie groepe, elk met hulle eie afrigters. Groep 1 is die eerste- en tweedespanne (seuns en dogters) van die skool. Leerders van graad 4 tot 7 kan hiervoor kwalifiseer. Die tweede groep verteenwoordig die belowende jong spelers wat o/10 of 0/11 kan wees. Die beginners van die skool is dan groep 3. Hierdie spanne ontvang elkeen tweeweekliks ‘n uurlange oefensessie.

Die Mangaung Metro-tennisproewe het gedurende Januariemaand plaasgevind en Fichies spog vanjaar met agt spelers wat ingesluit is in die Mangaung Metrospanne. Die spelers het in die derde kwartaal teen verskillende streke by die Koringaarbyeenkoms in Bethlehem deelgeneem.
Die ligawedstryde het in die derde en vierde kwartaal op Maandae en Woensdae plaasgevind. Die o/14-dogters het vir die eerste keer in sewe jaar aan die Amanda Coetzertoernooi by Oranje Meisieskool deelgeneem en behaal ‘n tweede plek. Die o/14- spelers het gedurende Augustusmaand aan die Cradock Laerskooltoernooi deelgeneem en ‘n algehele tweede plek behaal. Ons tennisspelers het aan die Rising Startoernooi wat in Juniemaand aangebied is, deelgeneem.
Die mini-tennis het ook afgeskop met twee oefeninge per week. Frikkie van Rensburg en Jaco Steyn gaan voort met privaatafrigting. Die volgende leerlinge het op provinsiale vlak deelgeneem:
- Divan Kleyn
- Tommie Wessels
- Emma Spamer
- Kara de Villiers
- Ruwan van Niekerk
- Mariaana Spamer
- Lumé Olivier
- Emmerike van Niekerk
Die o/11 seuns- en dogterspan het aan die Bloemfonteinse skoleliga deelgeneem en het waardevolle wedstrydondervinding opgedoen. Chantél Stone het haar puik van haar taak gekwyt. Die o/14 seuns- en dogterspanne het aan die Bloemfonteinse skoleliga deelgeneem. Ons dogters het tweede in die ligawedstryde geëindig.