Redenaars

Fichardtpark Primêre Skool bied redenaars aan.
Meer inligting is beskikbaar in die Fichardtpark Primêre Skool dagboekie

Vanjaar het 23 redenaars (11 grondslagfase, 6 juniors en 6 seniors) aan die skool-uitdun deelgeneem.  Die skooluitdun het op 14 en 15 Maart in die skoolsaal plaasgevind.  Die volgende redenaars het aan die ATKV eerste rondte te Trio Primêre Skool in Kroonstad deelgeneem:

Juniors – Kara de Villiers, Dimoné Erasmus, Divan Kleyn, Emma Spamer, Reghardt Vos en Tommie Wessels.

Seniors – Hannes Deacon, Joah de Villiers, Lumé Olivier, Mariaana Spamer en Charlize van Rooyen.

ATKV

Die volgende redenaars het na die semi-finale rondte te Hoërskool Witteberg in Bethlehem deurgedring:

Juniors – Divan Kleyn en Tommie Wessels.

Seniors – Hannes Deacon, Lumé Olivier en Mariaana Spamer.

RADIKALE REDENAARS

Twee-en-twintig van ons redenaars het aan Radikale Redenaars deelgeneem en baie goed presteer. Ons is saam met die redenaars en hul ouers baie trots op hulle pragtige uitslae.  Vier van ons senior redenaars het deurgedring na die Vrystaatfinaal:

  • Graad 4        Kara de Villiers, Emma Spamer
  • Graad 6        Lumé Olivier
  • Graad 7        Charlize van Rooyen