Fichardtpark Primêre Skool bied VCSV aan.
Meer inligting is beskikbaar in die Fichardtpark Primêre Skool dagboekie
Fichies se VCSV nooi jou hartlik uit na ons byeenkomste op ‘n Dinsdagmiddag van 14:00 tot 15:00 in mnr. Nathan se klas.
Hierdie is ons kans om saam met ons maats die Here te loof en prys en ook meer van ‘n lewe saam met Jesus te leer. Ons sing lekker saam en kyk video’s met mooi lewenslessies. Ons maak groepies en gesels oor die Bybel.
Daar word ook gereeld vir mekaar en vir ons skool gebid, want ons gee om vir mekaar. Elke Dinsdag bid ons saam tydens VCSV.

GLOW is ’n gevestigde VCSV-tak, bestaande uit ongeveer 120 leerlinge vanaf graad 1 tot 7. GLOW-byeenkomste vind Dinsdae-oggende om 07:00 plaas en deelname is vrywillig. Ty-dens samekomste word Jesus deur sang en interaksie geloof en geprys. Die Woord word op ‘n kreatiewe wyse aan leerlinge uitgelê en gesprekke oor wie God is, vind plaas. Elke kwartaal het ‘n nuwe tema. Weeklikse sessies word deur middel van speletjies en storievertellings aangebied. Daar is leerlinge wat vrywillig leiding neem tydens Dinsdae-oggende se lofprysing, veral met die bewegings vir die liedere. Die skool se jeugwerker, Micaela de Wilde, bied vir ons die lesse aan. Vanjaar is die Mammas wat Omgee ook betrokke, hulle help met die beplanning van die lesse. Ons het ook ‘n nuwe konsep probeer, nl. “Pay it forward”. Elke week het drie leerlinge in elke graad iets ontvang wat hulle moes gaan uitdeel en ander leerlinge na die VCSV toe nooi.
Gedurende die eerste kwartaal is ’n Valentynsdagprojek geloods. Die VCSV het “chomps”; “jelly beans” en Coke met ‘n oulike sêding verkoop. Die wins word aangewend om ‘n fonds daar te stel vir die VCSV om in die gemeenskap behulpsaam te wees. Dié projek was ’n reuse sukses en die Here het dit waarlik geseën. In die tweede kwartaal het die VCSV tweedehandse klere vir Street Store ingesamel en ons is dankbaar vir die skenkings wat ontvang is.
Die Seuns- en Dogtersklub vir die graad 7’s, is kwartaalliks aangebied. Die eerste kwartaal se tema was ‘Wie is jy?’, die tweede kwartaal ‘Eiland van Vergelyking’ en die derde kwartaal ‘Overcomer’ vir die dogters en ‘Forge Your Faith’ vir die seuns. Die Fichies-ondersteuners-klub het R50 per graad 7-leerling wat dit wou bywoon geborg en die VCSV het R20 geborg. Die Mammas Wat Omgee het ingestaan vir die program, dekor en kos. Elke graad 7-leerling wat dit bygewoon het, was positief oor die middag.
Luzanne Strydom en Madelyn van Wyk het die nodige reëlings vir Hemelvaartdagvieringe getref. Franko van der Vlies, van Die Volle Evangelie Kerk, het ‘n ongelooflike boodskap aan die graad R- tot 7-leerlinge oorgedra.
Doxa Deo het hul kinderproduksie vir graad 1- tot 7-leerlinge opgevoer en die boodskap het gehandel oor Liefde in Aksie.
Dit is ’n wonderlike voorreg om in die lig van God se genade te leef. Jesus se liefde het vele harte aangeraak.
Seuns- en Dogtersklub
Gedurende 2026 het die Seuns- en Dogtersklub gefokus op geloof, identiteit, karakter-vorming en geestelike groei. Verskeie temas is gebruik om leerlinge te help om hul identiteit in Christus te ontdek en prakties in hul geloof te groei.
- Eerste kwartaal: Ek is wie God sê ek is
Die seuns en dogters het geleer om hul identiteit in Christus te verstaan en tussen waarheid en leuens te onderskei. Daar was altesaam 38 dogters en 38 seuns wat deelgeneem het.
- Tweede kwartaal: Eiland van vergelyking
Hulle het geleer om hulself nie met ander te vergelyk nie, maar hul eie waarde en uniekheid in God raak te sien. Daar was 34 dogters en 30 seuns teenwoordig.
- Derde kwartaal: The Forge en Overcomer
Die seuns het gefokus op karaktervorming, respek, gebed, evangelisasie en hoe om standvastig in hul geloof te bly. Daar was 33 seuns, met die hulp van agt pappas en drie mammas teenwoordig. Die dogters het gefokus op diensbaarheid en gebed. Daar was alte-saam 35 dogters, nege mammas en een jeugwerker teenwoordig.
- Vierde kwartaal: Ballonne wat bars
Die jaar word afgesluit met ‘n spesiale geleentheid waar graad 7-leerlinge saam met hul mentors tyd deurbring. Die fokus is op tydsbestuur, die hantering van lewensdruk en die belangrikheid daarvan om God se plan vir hul lewens te volg.
- Samevatting
Die Seuns-en Dogtersklub het deur die jaar ‘n belangrike rol gespeel in die geestelike en persoonlike ontwikkeling van die leerlinge. Deur Bybeltemas, praktiese aktiwiteite en die betrokkenheid van ouers en mentors is leerlinge aangemoedig om hul identeit in Christus te ontdek, goeie karakter te ontwikkel en hul geloof daagliks uit te leef.


