Fichie-Welpies

Missiestelling

welpiesFichie-Welpies het dieselfde missiestelling as die skool en die fokus is op die aanbieding van hoë kwaliteit onderrig en totaliteitsontwikkeling van die kleuter. Kleuters word geestelik, emosioneel en liggaamlik gelei om hul volle potensiaal te bereik. Emosionele ontwikkeling is noodsaaklik omrede kleuters waagmoed en selfvertroue benodig om effektief te ontdek en leer. Volgehoue geleenthede word vir fisiese ontwikkeling gebied, aangesien dit funda-mentele boustene vir formele leer vorm. Gedurende die kleuterjare word ruimtelike oriëntasie deur beweging vasgelê, wat noodsaaklik is vir latere lees- en skryfvaardighede. Sosiale vaardighede word deur spel aangeleer, sodat ‘n kleuter sy of haar plek in groepsverband kan volstaan.