Maatskaplike Werker

Emosionele Ondersteuning

Fichies beskik oor die dienste van ’n gekwalifiseerde maatskaplike werker, naamlik Colette Hendrikse. Die doel van hierdie pos is om Fichie-leerlinge emosioneel te ondersteun sodat hulle hul volle potensiaal, veral op akademiese gebied, kan bereik. Sy lewer uitstekende werk, en daar is tans 45 leerlinge wat emosionele ondersteuning ontvang. Colette gee ook aan verskeie volwassenes ouerleiding en ondersteuning. As leerlinge ‘n geborge skool-omgewing ervaar, tree hul met meer selfvertroue op en hul presteer ook beter op akademiese gebied.

Ouers kan die klasonderwyser, skoolkantoor of direk die maatskaplike werker kontak indien daar ‘n behoefte vir emosionele ondersteuning bestaan. Daar word dan ‘n algemene emosionele evaluasie gedoen om verdere intervensie of terapie te bepaal. Gereelde terug-voer en vordering word deurlopend tydens terapie aan ouers gekommunikeer.