Fichardtpark Primêre Skool bied koor aan.
Meer inligting is beskikbaar in die Fichardtpark Primêre Skool dagboekie
Die junior- en seniorkoor het volstoom weggespring met ongeveer 55 lede in die seniorkoor en 40 lede in die juniorkoor. Pragtige musiek vir albei die kore is aan die einde van 2022 gekies en deur ons eie koorafrigters verwerk. Beide kore het deelgeneem aan die Pellissier Familiefees en het by die NG Kerk Gardeniapark opgetree. Die seniorkoor het aan die Jordania Lentefees deelgeneem. Die seniorkoor het in drie stemme gesing en die suiwerheid van albei kore se stemme is die resultaat van hoë standaard oudisies wat vooraf plaasgevind het. Winay Els, Celeste Venter en Ilané van Wyk is ‘n staatmakerspan wat nie skroom om inisiatief te neem en kreatiewe besluite te neem nie.
