Ritme Groepe

Fichardtpark Primêre Skool ritme groep dans.
Meer inligting is beskikbaar in die Fichardtpark Primêre Skool dagboekie

Fichies het drie ritmegroepe wat die stad aan die brand dans. Ritme, musiek, talente en entoesiasme word hier uitgeleef. Ons het drie verskillende oudersdomsgroepe: Die Fichie Voetjies (graad 1 tot 3 dogters) en die Fichie Vlinders (graad 4 en 5 dogters) vorm deel van 2 verskillende Pom-pom groepe. Ons Senior Ritmegroep (Graad 6 en 7 seuns en dogters) is ‘n unieke groep wat met verkeie danse, musiek en “props” die gehoor op die punte van hulle stoele laat sit.

Ons groepe neem deel aan verskeie optredes en kompetisies en vaar uitstekend! Van ons grootste hoogtepunte elke jaar is die Sand du Plessis Revuefees wat in die Sand du Plessis Teater aangebied word. ‘n Wonderlike geleentheid vir ons dansers om op en agter die verhoog van ‘n groot teater te mag wees. Ons neem ook elke jaar deel aan die Revista kompetisie waar ons groepe uitstekende resultate behaal – tussen 84% – 97% (A+ en A++ simbole). Ons is vreeslik trots op ons groepe.

Fichie Ritmegroepe

Die dansers geniet elke oomblik en gee uiting aan hulle talente en emosies. Ons is baie gelukkig en bevoorreg om 2 uitstekende afrigters per groep te hê wat hul passie uitleef en die dansers geleentheid bied om deel te wees van die opgewekte, ritmiese aanbiedinge.

Die Ritmegroep bestaan uit nege-en-vyftig talentvolle dansers hoë standaard oudisies geslaag het. Die drie afrigters, Teresa Schnetler, Liezl Marais en Shiree Els, het gepaste musiek saamgestel om die groep dansers se ritme behoorlik te toets. Die finale samestelling van die musiek is deur Teresa Schnetler gedoen.  Die dansers het spoggerig gelyk in hul kamoefleer-uitrustings, waarin helderkleurige bykomstighede en grimering gevoeg is, sodat hul kon uitstaan op die verhoog. ‘n Uitstekende A++ simbool is tydens die Rivistakompetisie, wat by Dr. Böhmer plaasgevind het, verwerf.   Daar was verskeie optredes vanjaar, insluitend ons eie Opelug Revue-aand, wat ‘n reuse sukses was. Die groep dansers het elke oomblik geniet. Ons bedank ons ouers vir hul hulp met die dogters se hare, maak van die kledingstukke, vervoer en al die laatnagondersteuning.