KONTAK ONS VANDAG: +27 51 522 8166     info@fichies.co.za

Voortrekkers

Home | Kultuur | Voortrekkers

Fichardt Park Laerskool bied voortrekkers aan.
Meer inligting is beskikbaar in die Fichardtpark Primêre Skool dagboekie

Wat bied die Voortrekkers?

Die Voortrekkers is gevestig op Christelike waardes en skep geleenthede om Christelike waardes toe te pas. Ons Afrikaanse taal en kultuur word op modern maniere bevestig en verleen ruimte vir verdure groei en ontwikkeling van ons herkoms. Vaardighede vanuit ‘n wye spektrum word aangeleer en ontwikkel by Die Voortrekkers. Die Voortrekkers is betrokke in plaaslike gemeenskappe en bied ondersteuning deur verskeie projekte aan Suid-Afrikaners. Voortrekkers bied ‘n groot verskeidenheid avontuuraktiwiteite in die natuur. Boogskiet, perdry, rotsklim, hengel, staptoere – die lys hou aan. Voortrekkerkampe heg nuwe vriendskappe met Voortrekkers uit verskillende dele van Suid-Afrika en Namibië. Die Voortrekkers se metode vir leierskapsontwikkeling is die kombinasie van Kultuur, Avontuur en Natuur. Deur die metode het Die Voortrekkers vir meer as tagtig jaar bewys ons KAN suksesvol diensbare leiers vir more ontwikkel. Die uitkomste van Die Voortrekkers se leierskapsontwikkeling is selfdoen vaardighede, waardegedrewe antwoorde en die praktiese toepassing daarvan. Hiermee vat Voortrekkers die toekoms met selfvertroue. Die Voortrekkers gebruik die spanstelsel vir sy werksaamhede. ‘n Aantal maats van dieselfde portuurgroep en verkieslik van dieselfde geslag vorm ‘n span saam met ‘n volwassene om die voorgestelde werk (werkboek en spesialisasies) by onder andere spanbyeenkomste te doen. Hierdie stelsel bied die geleentheid om mekaar in klein groepies te vorm en om vrymoedigheid tot deelname te beoefen. Fichardtpark Primêre Skool se kommando staan bekend as Olienhoutkommando. Die kommando bestaan reeds 40 jaar. Met ons entoesiastiese offisiere is dit ‘n moet vir elke kind. Ons vergader 1 x per week vir ‘n uur. Die kinders kan ook uitsien na lekker kampe, speletjies speel en uitstappies.

Voortrekkers
voortrekkers_logo

Olienhoutkommando

Onder leiding van agtien offisiere en twee heemraadslede word 160 voortrekkers van die Olienhoutkommando onderrig in die ABC van die Voortrekkers, naamlik:  Afrikanerskap, Burgerskap en Christenskap. Ons offisierekorps bestaan uit onderwysers en ouers.

Die Voortrekkers het elke Dinsdagmiddag vanaf 16:00 tot 17:00 vergader en is daar gewerk aan spesialisasies en die werkboeke. Spankampe kon gehou word en offisiere het genotvolle uitstappies vir die kinders gereël.

In die eerste kwartaal het die graad 2 tot 7-Voortrekkers ‘n kommandokamp te Doornkloof bygewoon.  Vanaf Vrydag, 25 Augustus tot Sondag, 27 Augustus, het vier van ons Fichies die Voorslaggeleentheid bygewoon en verwerf die volgende toekennings:  Voorslag goud:  Cara Hoffman. Voorslag silwer:  Janika Moll en Minke McNeilage. Voorslag brons:  Nishje Swart.

54 Jeuglede en 3 offisiere het gedurende die Oktobervakansie op Doornkloof gaan kampeer.  Die kinders was ongelooflik opgewonde en het dit terdeë geniet.  Baie dankie aan Franschesca Henning, Dené van Jaarsveld en Maryke Rich wat hul vergesel het.

Dankie aan die Voortrekkers wat hard gewerk het aan hul kentekens.  Die kentekens kan op hul onderbaadjies vasgewerk word. Dit gee erkenning vir getroue diens en harde werk.  Ons is bevoorreg om wonderlike offisiere te hê wat baie moeite vir die kinders doen.

Dit was ‘n geseënde jaar vol opwinding en baie aktiwiteite.  Dankie aan die offisiere en leerlinge wat ywerig werk om die Voortrekkervlammetjie aan die brand te hou. Dankie aan elkeen wat in hart en siel die Voortrekkers ondersteun het. Ons sien opgewonde uit na volgende jaar om weer nuwe herinneringe te bou.  Hou koers!

x